African Dawn
Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sentinel-keeromstraat 4, Houtbaai, Kaapstad, 7872, Wes-Kaap
-
Vanaf
R990R891 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
African Dawn bied gewilde verblyf met onversperde uisigte oor Chapmans Peak-rylaan, teen die hange van Karbonkelberg in Houtbaai.
Verblyf word in 3 kamers gebied, naamlik die Protea Kamer, Jazz Kamer en die Fisherman's Kothuis. Die Fisherman's Kothuis is 'n selfsorgkothuis met 'n aparte ingang. Al drie kamers het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die Visserskothuis het 'n kombuisie wat met 'n yskas, stoof en 'n mikrogolf, broodrooster, ketel en ander kombuisgerei toegerus is. Doen asb. oor die ander kamers navraag indien jul meer as 2 mense of 'n gesin is.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike leefarea wat 'n sitkamerstel, hoekbank met sitplek vir 5 en 'n kaggel het. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Daar is eetplek vir meer as 15 gaste.
Die skuifdeure lei na die buite-onthaalarea wat 'n etenstafel met stoele, braai-area en 'n pooltafel het. Hierdie area lei na 'n dek waar gaste in die swembad kan afkoel en die manjifieke see- en berguitsigte kan geniet. Die eienaar woon in 'n aparte kamer op die perseel.
Die eiendom is net 'n entjie se ry vanaf 'n mark, The Bay Harbour Market, wat lekker musiek, kuns, kunshandewerk en goeie kos en drinkgoed bied. Gaste is welkom om navraag oor 'n saamrygeleentheid na die mark te doen.
Die eiendom is ook naby wynplase in Constantia en Noordhoek, 'n aantal restaurante, die World of birds, begeleide staptogte op Karbonkelberg (5 minute se stap vanaf die eiendom), die Clay Cafe, Houtbaai-strand, kunsgalerye en groot supermarkte.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Lionel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Sentinel-keeromstraat 4, Houtbaai, Kaapstad, 7872, Wes-Kaap
- Gaste dink African Dawn het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Houtbaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sentinel-keeromstraat 4, Houtbaai, Kaapstad, 7872, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang