Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

African Dreaming

Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Okt 2024 tot 2 Des 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beatty-rylaan 749, Trafalgar, 4275, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R800 R680 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

African Dreaming is 'n selfsorghuis wat die hele boonste deel van 'n houthuis is. Dit is in Trafalgar aan die suidkus van KwaZulu-Natal. Trafalgar is 'n subtropiese paradys met inheemse woude, Blouvlagstrande met lewensredders heel jaar en dit is naby die bekende Mac Banana. Die huis is net 2 km vanaf Trafalgar se hoofblouvlagstrand.

Dié eenheid is op die boonste verdieping, het 'n privaat ingang en word via 'n paadjie vanaf die oprit bereik. Dit is geskik vir 6 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitarea. Die tweede badkamer het 'n bad, stort en toilet.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank vir 2 ekstra gaste. Die sitarea en elke slaapkamers het 'n TV met die volle DStv-pakket.

Die eerste slaapkamer, sitarea en kombuis lei na 'n balkon wat sonstoele, ander sitplek, 'n etenstafel en 'n ingeboude braai het. Dit het ook 'n mooi uitsig.

Daar is veilige parkeerplek op die perseel en die huis het 'n alarmstelsel en sekuriteitsreaksie. Daar is ook 'n watertenk op die perseel vir ingeval daar waterprobleme is.

Beddegoed, vadoeke, afdroogdoeke en opwasmiddel word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die gashere woon in die onderste deel van die huis en is beskikbaar om te help met enigiets.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Dashnie G
Gesin met klein kinders
5.0
Exceptional stay and the place was so peaceful. The warm, friendly welcome received from our host was exceptional. I would recommend Af...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Gerda S
Saam met vriende
5.0
Beveel dit aan vir 'n lekker seevakansie. Dit was inderdaad 'n baie lekker vakansie gewees! Sal weer kom.
Feb 2024
Laila C
Gesin met tieners
5.0
Excellent, will definitely book again at African Dreaming. It was excellent. We received such a warm welcome from the hosts. The unit ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Yolandie P
Gesin met tieners
5.0
Baie gelukkig en het die wegbreek baie geniet. Met aankoms was ons warm verwelkom. Die huis was skoon en netjies met alles wat mens nodig gehad het. V...
Sien meer
Okt 2023
Lientjie J
5.0
Superb! Peter and Cindy, thanks again for the unforgettable holiday at African Dreaming. Your place looks exactly as advertised on the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Cindy & Peter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Beatty-rylaan 749, Trafalgar, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink African Dreaming het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
R800 R680
per nag (plek vir 6)
Vanaf R800
R800 R680
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beatty-rylaan 749, Trafalgar, 4275, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa0182c1ee4a498a7108fffe9bc6d141053ce11e794a6e0f69b22b774c473f28162170c549bab800a83cbcae6721ae3203a2c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R800 nouVanaf R680 per nag (plek vir 6) 21 5 1 5 749 Beatty Drive Trafalgar 4275 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.951564681846 30.290588636771

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang