Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alikreukel b29

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kaap de Goede-weg 40, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Alikreukel b29 is in Hartenbos geleë, 'n buurt in die gewilde dorp Mosselbaai. Dit is net 200 m van die strand af geleë en die eenheid bied slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Rook is verbode in die eenheid.

Alikreukel b29 beskik oor 3 slaapkamers, 2 dubbelslaapkamers onder en 1 slaapkamer bo met 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers. Die badkamer onder het 'n bad en stortgeriewe, terwyl die badkamer bo slegs ’n stort het. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe.

Daar is 'n binnebraai en die eenheid het DStv en linne. Handdoeke word nie voorsien nie.

Die woonstel is op die tweede verdieping en daar is nie 'n hysbak nie. Die kompleks het 'n swembad en buitebraai-area enn slegs gaste word toegelaat om van hierdie geriewe gebruik te maak, geen besoekers word hier toegelaa nie. Daar is 1 aangewese parkeerplek in die kompleks.

Die woonstel is net 100 m van die ATKV-speelpark met 'n binnenshuise verhitteswembad en waterglyplank af. Hartenbos se strand, Langeberg Mall, De Bakke-strand, Klein Brak-strand en Santosstrand is 5 km van die eiendom af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Lindie M
Gesin met tieners
5.0
Heerlike, ontspanne verblyf. Pragtige plek. Alles wat jy benodig, is in die woonstel!
Mrt 2024
Aubrey H
Saam met lewensmaat
5.0
Alikreukel is 'n wonderlike woonstel stil en rustig dit is naby alles geleë. Woonstelblokke is naby alles geleë, stapafstand om die plek beter te leer...
Sien meer
Aug 2023
Anna-mari D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gekuier in goed ingerigte woonstel. Netjies, als wat jy nodig het vir heerlik kuier en ontspan. Volledig ingerig, met binnebraai.
Aug 2023
Hannerie D
Gesin met tieners
5.0
Perfek. Adres is perfek. Stapafstand naby alles. Woonstel is goed toergerus. Die 2de kuier vertrek is 'n groot bonus vir gesinne met tieners.
Jul 2023
Anton S
Saam met lewensmaat
4.8
As jy een keer in Alikreukel B29 gebly het sal jy weer wil teruggaan. Oorspronklik wou ons B30 gehad het omdat ons van tevore daar gebly het. Heloise ...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Heloise Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 281

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Kaap de Goede-weg 40, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Alikreukel b29 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kaap de Goede-weg 40, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYzMjQ4YTRmLTgxZDctNDRlZi1iYzM4LTk3MDA2MjgwMDUwMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 6 mense 49 5 1 5 40 Kaap De Goede Hoop Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.126193603723 22.115499973297

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang