Bayview Loghome
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wisteria-weg 9, Blue Horizon Bay, 6070, Oos-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Bayview Loghome is 'n gerieflik gemeubileerde houthuis vir 10 gaste in Blue Horizon Bay.
Dié ruim huis skuil tussen die melkhoutbome en bied slaapplek aan 8 guests. Die huis beskik oor 3 slaapkamers met pragtige uitsigte, 3 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea. Die slaapkamer op die grondverdieping het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelslaapbank vir kinders en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet.
Die 2 slaapkamers op die eerste verdieping het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. Die slaapkamers spog ook met privaat balkonne met 'n uitsig oor die see. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, skottelgoedwasser en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is ook in een van die slaapkamers beskikbaar.
Gaste kan in die sitarea voor die TV met 'n internetverbinding en toegang tot Netflix ontspan. Indien gaste toegang tot DStv of Showmax wil hê, moet hulle hul eie gebruikersnaam en wagwoord gebruik.
Die leefarea lei na die dek met braaigeriewe en 'n uitsig oor die baai. Let wel, slegs houtskool mag in die braaigeriewe gebruik word, aangesien Blue Horizon Bay in 'n bewaringsarea geleë is. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.
Bayview Loghome is naby die Van Stadensmond waar daar verskeie voetslaanroetes is, soos die Van Stadens Veldblomreservaat, Maitlands, Drie Riviere en Slipperfield MTB. Slipperfields is ook ’n troulokaal en net 15 km vanaf Blue Horizon Bay. By Blue Horizon Bay is daar verskeie bosbokke en kleinwild en gaste kan op die strand, sowel as by De Sotte Pad pad stap en die natuur en fynbos besigtig. Jeffreysbaai en St Francis-baai is ongeveer 65 km vanaf Blue Horizon Bay en die hoofstrand in Gqeberha (Port Elizabeth) is ongeveer 38 km weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbank vir 2
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Estelle Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 33
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Wisteria-weg 9, Blue Horizon Bay, 6070, Oos-Kaap
- Gaste dink Bayview Loghome het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Blue Horizon Bay Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wisteria-weg 9, Blue Horizon Bay, 6070, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang