Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach @ 100 meter

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard-Oos, La Palma 6, Die Voorbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 R990 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Beach @ 100 meter is 'n in selfsorgwoonstel by La Palma 6 in Diazstrand. Dié woonstel is ideaal tussen Hartenbos en Mosselbaai geleë en is geskik vir 5 gaste. Hier is gaste behoorlik op die strand met eie toegang tot die strand slegs 100 m vanaf die voordeur.

Hierdie woonstel op die grondverdieping is in 'n sekuriteitskompleks en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Volledige DStv en gratis WiFi is in die woonstel beskikbaar.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed, asook 'n enkelbed. Die kamers deel 'n badkamer wat 'n instapstort en 'n toilet het. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en maaltye kan rondom die etenstafel met sitplek vir 4 gaste geniet word. Daar is ook 'n wasmasjien.

Gaste kan in die sitarea voor die TV met vol DStv-kanale ontspan of op die stoep op die piekniekbankie by die ingeboude braaigeriewe kuier. Die braai-area het glasdeure wat teen wind en reën beskerm.

Die woonstel is net 'n entjie vanaf die strandpaadjie en daar is veilige parkeerplek vir 2 voertuie. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Beach @ 100 meter is net 100 m van die strand, 300 m van Diazstrand en die Waterpark.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Theresa S
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasmagories lekker! Dit was nou regtig 'n lekker plekkie om in te bly. Naby alles geleë, alles wat jy nodig het is tot jou beskikbaar! Perfekte lig...
Sien meer
Nov 2024
Nadia H
Saam met vriende
5.0
Was ongelooflik naby die see en baie rustig en veilig. Dit was baie lekker, sal beslis weer kom.
Okt 2024
Bernique D
Gesin met klein kinders
5.0
Ons kuier was verskriklik lekker gewees. Dit was vir ons definitief die moeite werd. Dis 'n baie oulike plekkie. Baie gerieflik en modern.
Sep 2024
Antonia M
Gesin met klein kinders
5.0
I felt so at home there. Fantastic. Great location, very safe and we had everything we needed. Will definitely be going back. Friendly ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Christelle K
Gesin met klein kinders
5.0
Ontspannend, pragtig en sommer net lekka. Ons het heerlik gebly. Die eienaars was baie vriendelik en die verblyf netjies. Ligging is baie lekker sentr...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Caroline Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 132

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Beach Boulevard-Oos, La Palma 6, Die Voorbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach @ 100 meter het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
R 1 100 R 990
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 100
R 1 100 R 990
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard-Oos, La Palma 6, Die Voorbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA98693f1ec91af51e7f565e5a873ba2b9215ee3ac9c94f22c11dd0220b1523ea8d54076fec478ab9dba68c1ea83d6847d84ee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R990 per nag (plek vir 5) 75 5 1 5 Beach East Boulevard La Palma 6 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.157179472848 22.109076082706

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang