Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach Castle

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkantstraat 73, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Beach Castle bied 2 selfsorg-eenhede in Stilbaai, net 'n kort entjie van die strand en riviermonding af. Die klein seekantdorpie is langs die N2 tussen Mosselbaai en Riversdale geleë - daar waar die Goukou-rivier die Indiese Oseaan ontmoet.

Altwee eenhede het slaapplek vir 4 gaste. Twee ekstra kinders kan in elke eenheid geakkommodeer word op slaapbanke. Die luukse eenheid het 2 slaapkamers met en suite-badkamers en 'n oopplan-leefarea met 'n slaapbank en 'n kombuis. Die Familie eenheid het 1 hoofslaapkamer met 'n badkamer, solder met 2 enkelbeddens, 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis. Altwee eenhede spog met die mooiste uitsigte oor die riviermonding en die see.

Stilbaai is 'n skoon, veilige en rustige ligging met lang strande, 'n matige klimaat en 'n vaarbare rivier wat omtrent 15 km ver strek. Die dorpie is aan die oewer van die Goukou-rivier met die mooiste riviermonding en veilige strande aan albei kante. Die dorpie is dus baie aantreklik vir vakansiegangers wat op soek is na veilige plekke om te swem, vis te vang, seilplankry, vlieërbranderry, kanovaart en ander watersporte. Stilbaai het volop seelewe in die riviermonding en 'n groot verskeidenheid voëllewe en daar is 'n oorvloed inheemse fauna en flora in die area.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 112 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Cornelis Nicolaas L
Saam met lewensmaat
5.0
Sien sterre. Ja, baie!
Nov 2024
Marina V
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend geleë. Pragtige uitsig. Goed ingerig. Uitstekend geleë. Nader aan die see kan jy nie kry met pragtige uitsig. Eenheid goed ingerig as jy 'n...
Sien meer
Sep 2024
Ans S
Saam met vriende
5.0
Beste uitsig en pragtige verblyf. Ons het lekker gebly, netjies en keurig. Pragtige gasheer/vrou.
Sep 2024
Egbert V
5.0
Rustig en letterlik by die see. Wonderlike woonstel voor teen die see. Ek was buite seisoentyd daar en dit was lekker stil ook. Sal dit definitief aan...
Sien meer
Apr 2024
Lauretta T
5.0
Baie goed. Baie lekker en ruim eenheid. Niks kort gekom nie. Beste vakansie bestemming see, meer en vriendelike mense.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Cobus Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 112

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Waterkantstraat 73, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach Castle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkantstraat 73, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOGgSLwvmVDMEUkMopWh4LgMgoteZFKVnRhnU6O7PKWyYPXySGa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 112 5 1 5 73 Waterkant street Stilbaai 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.3795008 21.4215456

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang