Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Beach House Breakaway

Selfsorg
Spesiale Aanbod 14% af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6. Geldig vir verblyf vanaf 15 Jan 2024 tot 30 Nov 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erica-straat 31, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R8 000 R6 857 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Beach House Breakaway is 'n veilige selfsorg-eiendom wat op die eksklusiewe skiereiland in die kusdorpie Onrus geleë is.

Verblyf word in die hoofhuis met 'n tuinwoonstel gebied. Beach House kan in totaal maklik groepe van tot 12 gaste akkommodeer.

Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n slaapbank. Die derde en vierde slaapkamers is elk ingerig met 2 enkelbeddens. Die vyfde slaapkamer is 'n solderslaapkamer wat met 'n dubbelbed ingerig is en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Daar is 'n aparte badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet

Die woonstel beskik oor 'n slaaparea, 'n kombuisie en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.

Die hoofhuis beskik oor 'n groot oopplan-leefarea en -eetarea wat lei na 'n binnehof met 'n plonspoel. 'n Tweede oopplan-leefarea en -eetarea op die solder sluit 'n binnebraai in wat uitloop op 'n dek met uitsigte oor berge en sonsondergange oor die Atlantiese Oseaan. Die goed toegeruste kombuis het 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond en ander toebehore vir selfsorg. Daar is ook 'n aparte waskamer.

Gratis WiFi-internettoegang is beskikbaar. Veilige parkeerplek is binne die ommuurde eiendom beskikbaar en addisionele parkeerplek buite. Blokhuisluike en alarms dra by tot 'n veilige. Toegang vir mobiliteitsgestremde persone is beskikbaar tot die meeste dele van die eiendom deur 'n aparte ingang.

Die eiendom is ideaal geleë net 400 m vanaf Onrus-strand en strandmeer, en 200 m vanaf Harderbaai-reservaat. Dit is ongeveer 7 km vanaf sentraal Hermanus met 3 gholfbane binne 'n radius van 10 km.

Kamer-opset

Kapasiteit: 12 Aantal kamers: 6 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 4

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Beach House Breakaway
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Wini Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Erica-straat 31, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Beach House Breakaway het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R8 000
R8 000 R6 857
per nag (plek vir 12)
Vanaf R8 000
R8 000 R6 857
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erica-straat 31, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb35e85e8f02595aaf231ea49216c6798dd94b242a538a336ec78c2bab4ab3f86f206f49e4200481b9a1c8a655a40f334e25b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R8 000 nouVanaf R6 857 per nag (plek vir 12) 1 5 1 5 31 Erica Street Onrus 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.41824693419 19.174882455639

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang