Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Berg en See

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.5
Antoinette V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mei 2018

Uitstekende verblyf en diens - beveel dit ten sterkste aan! Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Saryna
Berg en See
Beste Antoinette en gesin Ek hoop julle het 'n heerlike naweek in Kleinmond gehad. Baie dankie vir die positiewe resensie. Julle is baie welkom om weer eendag by ons te kom kuier. Groete Saryna van As

Chris M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2017

Skoon, netjies, gasvry, ligging onverbeterlik en waarde vir geld. Weens die staking van Mango personeel het ons baie laat, (12:45 die oggend!) eers in Kleinmond aangekom. Die eienaars van Berg en See het spesiaal vir ons gewag en ons baie gul ontvang. Ons is soos ou vriende behandel. Ons sal beslis weer by hulle wil tuisgaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Saryna
Berg en See
Beste Chris en Lettie, Dit was heerlik om julle by Berg en See te ontvang. Ons hoop om julle binnekort weer in Kleinmond te sien. Groete Bennie en Saryna

Francina S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2017

Onbeskryflik lekker. Jy sien die see as jy wakker word. Jy sien en ruik die see as jy braai. Wat meer kan mens vra? Ruim gerieflike vertrekke. Verskeie staproetes met heelwat lekker sitbankies as jy net wil sit en tuur oor die see. Soveel van vriendelikheid op die dorp. Gasvryheid en hulp waar nodig was uitstaande. Rus vir ons moeë siele gevind op hierdie mooi rustige dorpie. Swaar afskeid geneem!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Saryna
Berg en See
Francina, ons het julle kuiertjie terdeë geniet. Ons sien uit daarna om julle binnekort weer te sien. Groete Bennie en Saryna

Elmar M
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2016

Heerlik met alles wat jy nodig het. Baie lekker plekkie en wonderlike vriendelike diens. Nie te ver van alles af nie. Stoep was net bietjie warm vir die ou mense en kon eers later die aand benut word. Verder heerlik, baie baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerda S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2016

Ons het heerlik gerus! Pragtige ligging, alles wat mens kon nodig hê was daar. Pragtig skoon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Baba E
Lang verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2016

Rustige atmosfeer met behulpsame gashere wat ekstra myl loop vir ons. My hart verloor op Kleinmond. Tweede kuier in die pragtige rustige dorpie. Saryna en haar gade was baie behulpsaam. Ek was op krukke na knievervanging en hul het ons baie tegemoetgekom met hulp.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lafras F
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Nov 2016

Dit is 'n fantastiese groot plek. Vanaf die staanspoor was ons heeltemal verras en die gasvryheid was "great".

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Saryna
Berg en See
Beste Lafras Ons is bly dat julle die kuiertjie by Berg en See geniet het. Groete Bennie en Saryna

Hennie D
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2015

Baie lekke! Vriendelike en hulpvaardige gasvrou en -heer. Baie gerieflik en sentraal geleë. Sal weer daar tuisgaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Clarina E
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2015

Ons het daar gebly saam met ons kinders en 4 jarige kleinkind en die mannetjie het die tyd so baie geniet saam met ons. Die eienaar het self 'n klein plastiek motorfiets vir hom geleen wat sy dae gemaak het. Daar is 'n looppad al langs die see. Al is dit redelik ver van die strand was, het ons die rustigheid en veiligheid baie meer geniet. Ons sal beslis weer gaan as ons in die Kaap kom en ek glo my kinders wat in Kaapstad woon sal ook weer gebruik maak van die verblyf. Dankie aan die eienaars. Ons het die vakansie baie geniet. Die plekkie is baie ruim en ten volle toegerus. Oorgenoeg beddens. Ons het nie iets gemis nie. Inteendeel, daar was meer as wat ons verwag het. Die plekkie was pragtig skoon toe ons daar aangekom het. Ons is baie vriendelik ontvang en touwys gemaak. Saryna en Bennie was 'n wonderlike gasheer/vrou. Dit het gevoel of ons by familie gaan kuier het. Ons kan die plekkie beslis aanbeveel. Onthou net om julle dekodeerder en afstandbeheer saam te bring. (Ons het ons afstandbeheer vergeet, maar gelukkig een te koop gekry in 'n klein winkeltjie daar).

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ester B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Okt 2015

Almal in die groep was uitgesproke oor die gehalte van die verblyf. Uitstekende verblyf, heerlike leefarea, die houtdek pragtig geplaas en die beddens tops! Sou net ons motors agter hekke wou hê, maar sal beslis weer daar kuier!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Saryna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R1 700
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sesdestraat 4, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRmNzQwNDIwLWZhMTUtNDA1OC04NzljLTE1ZTYzNmVkZWQyNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 5) 21 5 1 5 4 Sixth Street Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -34.343876 19.0271909

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang