Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bergland Vakansiehuis

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Lezette P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Relaxing and beautiful. We had a lovely stay and Ina and Koos were such gracious hosts and always made sure we had everything we needed.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
INA
Bergland Vakansiehuis
Hi Lezette, it was lovely to have such super guests. Hope to see you again.

Yolandi T
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2024

Fantastiese verblyf in 'n stylvol-gemeubileerde eenheid met mooiste see-uitsigte. Dit was nou die lekkerste ooit! Ina is 'n besonderse gasvrou en het ons met aankoms bederf met die heerlikste platter. Daar was melk en water in die yskas en broodrolletjies en beskuit op die toonbank. Die akkommodasie is smaakvol ingerig met lieflike see-uitsigte vanuit die kamers en balkon, alles silwerskoon en daar is ekstra moeite in elke klein dingetjie ingesit. Absolute waarde vir geld, net jammer ons kon net vir 'n naweek bly. Maar ons kom beslis weer terug!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
INA
Bergland Vakansiehuis
Baie dankie vir julle mooi resensie! Dankie dat julle so mooi na ons huis gekyk het. Soos jy sê, 'n naweek is tekort. Hoop om julle in die toekoms weer te ontvang. Groete aan Bella wat op haar eie (7 jaar oud) vir my 'n boodskap in ons gasteboekie geskryf het! Mooi loop.

Lauren N
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2024

Onvergeetlik. Dit is altyd lekker om hier te bly. Ina bederf ons altyd met iets lekkers. Die huis is pragtig en baie netjies. Dankie vir die gasvryheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
INA
Bergland Vakansiehuis
Hi Lauren, dit was voorwaar 'n voorreg om julle gesin weer 'n keer by ons te verwelkom. Julle is super gaste. Mooi loop.

Franzua V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2024

Dit is 'n adres wat mens kan adverteer sover jy gaan! Ons het heerlik gebly in die uiters smaakvolle eenheid waar mens Ina se hand in elke stukkie detail kan sien. Drie slaapkamer verblyf is moeilik om te bekom en Bergland Vakansiehuis bied die verblyf met soveel detail, netheid en gemak dat geen van die gaste in enige van die kamers afgeskeep voel nie. Baie dankie weereens vir die heerlike aandete met ons aankoms en dat ons vir die duur van ons kuier veilig, versorg en gemaklik kon bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
INA
Bergland Vakansiehuis
Franzua en Elmare, baie dankie vir julle mooi resensie. Van my kant af, 'n groot dankie dat julle die huis so netjies en skoon gelaat het. Dit is vir hierdie rede en die waardering en raaksien dat ons omgee vir ons gaste, wat maak dat ons in hierdie bedryf is. Mooi loop! Hoop ons paaie kruis weer.

Deon W
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2024

Alles meer as perfek! Die gasvryheid van was ongelooflik! Sy het ons verwelkom met 'n heerlike kaasplatter en 'n persoonlike welkomstekst op 'n swartbord in die woning. Sy het soos 'n mens se, "above en beyond" gegaan met alles. Sal 100% weer hier kom bly en kan dit net hoogs aanbeveel! Die uitsig op die see is pragtig en die woning self is wonderlik. Ons het ons tyd hier baie geniet!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
INA
Bergland Vakansiehuis
Deon, baie dankie vir jou mooi resensie. Ons het al soos ou vriende gevoel toe ons ontmoet het aangesien jy so lank voor die tyd bespreek het. Dit was my voorreg om julle te kon ontvang. Dankie dat julle so mooi na ons huis gekyk het. Sal julle graag weer ontvang in die toekoms. Mooi loop.

Juanita K
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2024

Wow, wow, wow. Detail aan klein goedjies is gegee. Sal die plek beslis aanbeveel. Ons het fantasties gebly! Die gasvryheid van die gasheer was uitsonderlik. Ons is so bederf. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
INA
Bergland Vakansiehuis
Juanita, baie dankie vir jou mooi resensie. Van my kant af kan ek vir jou net so groot kompliment gee. Baie dankie dat julle die huis so netjies en skoon gelaat het. Dit is sulke gaste soos julle wat dit maklik maak om in die bedryf te wees. Hoop ons paaie kruis weer in die toekoms.

Werner C
Kort verblyf
5.0
Feb 2024

Top-klas veilige verblyf - sal nie teleurstel nie. Beslis top-klas verblyf, sal enige tyd weer ondersteun en ander aanmoedig om dieselfde te doen. Op aankom was ons verras met heerlike eetgoed in die yskas, iets wat jy nie sommer by ander vakansiehuise of gastehuise kry nie, definitief 'n bonus! Die huis was pragtig en het alles wat nodig is, die seeuitsig is asemrowend. Kon eerlikwaar geen fout vind nie. Indien jy twyfel of jy hierdie vakansiehuis moet bespreek, hou op twyfel en bespreek dadelik!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
INA
Bergland Vakansiehuis
Werner, baie dankie vir jou mooi resensie, dit word opreg waardeer. Julle was voorwaar puik gaste wat ons huis ongelooflik netjies agtergelaat het dat dit gelyk het asof daar geen gaste gewoon het nie. Dit was 'n voorreg om julle daar te kon hê. Hoop ons paaie kruis weer in die toekoms en sal julle met ope arms terug verwelkom.

Annemarie L
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Jan 2024

Uitstekende diens. Baie goed uitgerus. Perfek geleë en goeie waarde vir geld. Ons het baie lekker gekuier en gewerk in Bergland Vakansiehuis. Ina, ons gasvrou, het absoluut uit haar pad gegaan om ons verblyf aangenaam te maak. Uitstekende diens. Pragtige uitsig en so goed toegerus. Die plek is pragtig, skoon en baie goed toegerus! Bergland is definitief jou eerste keuse in Glentana.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
INA
Bergland Vakansiehuis
Annemarie, dit was vir my 'n baie groot voorreg om julle te kon ontmoet. Julle was sulke 'lekker' gemaklike gaste. Baie dankie dat julle so mooi na ons huis gekyk het en dit so netjies en skoon agter gelaat het. Hoop ons paaie kruis weer vorentoe.

Sonette D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2024

Uitstekende verblyf, met 'n hele paar goeie verrassings wat op jou wag! Wow, wat 'n aangename verrassing, vanaf ons aankoms tot die aand voor ons vertrek. Tannie is 'n besonderse mens, wat uit haar pad gaan om haar gaste tevrede te stel en dit so maklik laat lyk. Met aankoms die aand, was ons verras met aandete, asook al die nodige goed vir die volgende oggend se ontbyt. Alles was tot ons beskikking. Die huis is gerieflik, skoon, en alles wat jy nodig het. Die uitsig is asemrowend en die omgewing is rustig. Die strande is skoon, mense vriendelik en behulpsaam. Dit was een van die beste plekke wat ons al ooit gebly het. Weereens baie dankie, tannie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
INA
Bergland Vakansiehuis
Hi Sonette, dit was 'n groot voorreg om julle te kon ontmoet. Julle is beslis sterstatus. Dankie dat julle so mooi na ons huis gekyk het.

Jan D
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2023

Pragtige, gerieflike vakansieverblyf. Ons sal dit beslis aanbeveel. Ons het 'n paar heerlike dae deurgebring by Bergland. Ina is 'n sorgsame gasvrou wat alles in haar vermoë gedoen het om die huisvesting goed in te rig en dit gemaklik vir gaste te maak. Sy het ons selfs verras met die allerheerlikse 'platters' met ons aankoms! Glentana is 'n lieflike vakansiegebied, en Bergland is lekker sentraal en naby al die mooi besienswaardighede in die Tuinroete geleë.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

INA Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
Vanaf R2 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Berglandstraat 19, Glentana, Outeniekwastrand, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA022a3b136f3930575bec7c92ca1e88746bf8a867bc3f7664af63d1a97aa224976886db306d607406b7eacbae2367f52aaf0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6) 26 5 1 5 19 Bergland Street Glentana, Outeniqua Beach 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -34.048577064954 22.291162711595

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang