Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Big Sky Cottages

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R43, Wolseley, Breedekloof, 6830, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Big Sky Cottages is op 'n 67 ha-plaas in Wolsely geleë - 'n streek wat bekend is vir pragtige wynplase en bergreekse. Die kothuise is in 'n plaasomgewing, teen die hange van die Mostertshoekberge geleë en spog met uitstekende uitsigte oor die vallei. Dis die ideale wegbreekplek vir diegene wat uit die stad wil ontsnap.

Verblyf is in 10 selfsorg-eenhede wat elk 2 gaste kan akkommodeer beskikbaar. Elke kothuis het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, 'n kaggel en lugversorging.

Elke kombuis is goed toegerus en sluit 'n stoof, 'n yskas, 'n mikrogolfoond en 'n broodrooster in. Die eenhede lei na privaat stoepe met uitstekende uitsigte op die berge en oor die wingerd. Daar is ook braaigeriewe op die stoep en parkeerplek langs elke kothuis.

Aktiwiteite en geriewe op die perseel sluit 'n swembad, boma vir braai en Franse rolbal in. Gaste kan ook lekker in die berge gaan stap en die plaas verken.

Aktiwiteite is die omgewing sluit perdry, voëlkyk, fietsry en wynproe in. Big Sky Cottages is minder as 10 km vanaf Wolseley en naby verskeie geriewe.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Pastor M
Gesin met klein kinders
5.0
Warm, welcoming, and delightful. The experience was absolutely fantastic! The hospitality and service exceeded my expectations.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Alastair S
Gesin met klein kinders
5.0
Alles was perfek. Dit was onbeskryflik hoe lekker ons gebly het.
Nov 2024
Andre H
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige cottages teen die hange van die berg met mooiste uitsig. Pragtig en goed toegeruste cottages teen die hange van die berg met pragtige uitsig....
Sien meer
Nov 2024
Derek B
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties asemrowend rustig! Fantasties gebly - cottage is puik ingeruim en versorg en baie mooi skoon en modern. Wat 'n heerlike wegbreek! Die stilt...
Sien meer
Aug 2024
Sonya F
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik uitsig, rustige atmosfeer en privaat. Ons het baie lekker uitgerus, die vreedsame uitsig met die berge en die sonsondergang was hemels. Al...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elaina Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 59

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • R43, Wolseley, Breedekloof, 6830, Wes-Kaap
  • Gaste dink Big Sky Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wolseley Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R43, Wolseley, Breedekloof, 6830, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA30bcd032041eedc6e281955f0f9b5855447cb7bd81fe70f6762c92959cbd18c19904099dc8ffb75841e2713c23c1cb53eb3f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense 58 5 1 5 R43 Wolseley 6830 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.431772621975 19.249260574579

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang