Bird's Nest
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malanstraat 112, Riviera, Pretoria, 0084, Gauteng
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bird's Nest bied selfsorgverblyf in 'n tuinwoonstel op die eienaars se woonerf. Die eiendom is sentraal in Riviera in Pretoria geleë en bied maklike toegang tot hospitale, verskeie akademiese instansies, regeringsgeboue, ambassades, sportgeriewe, winkels, parke en besienswaardighede in Pretoria. Dit is ideaal vir sakereisigers, studente of oornaggaste.
Hierdie selfsorgwoonstel word nie sonder rede Bird's Nest genoem nie en nagapies kom kuier gereeld. Die woonstel se ontwerp komplimenteer die ouwêreldse karakter van die area.
Die woonstel bied slaapplek aan 'n enkelreisiger of 'n paartjie en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed. 'n Aparte kamer is as 'n studeerkamer ingerig. Die stort is 'n kamer op sy eie met 'n aantrekarea. Dit het 'n infrarooi verwarmer om in die wintermaande te help. Die toilet is heeltemal apart met 'n handewasbak. Die kombuis is met 'n yskas, induksiestoof en 'n mikrogolfoond toegerus en daar is 'n opwasbak. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale.
Die sitarea lei na 'n onderdakstoep met 'n eetarea. Daar is ook 'n wasmasjien, 'n wasbak en 'n braai. Die privaat tuin is slegs toeganklik vir gaste.
Daar is veilige parkeerplek agter 'n veiligheidshek en onder 'n skadunet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Schalk & Barbara Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Malanstraat 112, Riviera, Pretoria, 0084, Gauteng
- Gaste dink Bird's Nest het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Riviera Pretoria SSB Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malanstraat 112, Riviera, Pretoria, 0084, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang