Blue Space Beach House & Beach Shack
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 31 Okt 2024 tot 30 Nov 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisherlaan 228, Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
- Vanaf R870 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Blue Space Beach House & Beach Shack is oorkant die strand in Pumula aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Verblyf word in ‘n 12 m-vakansiehuis en 'n houerhuis met pragtige see-uitsigte gebied. Die huis en houerhuis is op ’n woonerf waar die eienaars ook woon.
Blue Space Beach House is ’n skeepshouer wat in ’n oopplan-strandhuis omskep is. Daar is 2 en suite-slaapkamers, asook ’n kombuis en leefarea. Elke slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Daar is ook ’n stapelbed in die leefarea wat ideaal vir 2 kinders is.
Die kombuis is met ’n gasstoof, oond, yskas, broodrooster en mikrogolfoond toegerus. Die leefarea het WiFi, ’n TV met Netflix en DStv, asook gratis WiFi. Die 2 Franse-deure lei na die stoep met 'n tuin waar daar 'n sessitplek-etenstafel, bankies, stoele, 'n hangmat, draagbare braai en vuurput is.
Blue Space Beach Shack is ’n houthuis met 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel die gebruik van ’n badkamer wat ’n stort met 'n deursigte dak het. Die kombuis is met ’n gasstoof, yskas, mikrogolfoond en ontbythoekie, wat 'n uitsig bied, toegerus.
Die sitarea het ’n rusbank, stoel, 'n TV met Netflix en gratis WiFi en Franse deure lei na ’n balkon met stoele, ’n tafel en 'n 180 grade-uitsig oor die see. Onder is daar ’n ingeboude braai met sitplek en 'n hangmat.
Albei eenhede voorsien linne, ekstra komberse, badhanddoeke en toiletware. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke, houtskool en hout bring.
Daar is parkeerplek vir 4 voertuie, 2 per eenheid, asook 'n swembad en 'n klein speelarea vir kinders.
Die eiendom is in 'n doodloopstraat geleë wat net 6 huise het. Daar is 3 paadjies wat na die strand lei waar gaste kan visvang, branderplankry en swem. Daar is ook ‘n natuurlike rotspoel wat die kinders kan verken. KwaZulu-Natalse Suidkus staan as die Hibiskuskus bekend en die naaste winkels aan Blue Space Beach House is in Hibberdene of Umtentweni, wat sowat 11 km ver is. Let wel daar is 3 klein Superettes net 'n paar minute vanaf die instansie.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jane Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Kingfisherlaan 228, Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Blue Space Beach House & Beach Shack het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pumula Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisherlaan 228, Pumula, Hibberdene, 4235, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang