Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bokkomblommetjie

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: DF Malan-straat 17, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bokkomblommetjie bied knus selfsorgverblyf in Lambertsbaai en is net 600 m vanaf die strand en 400 m vanaf verskeie winkels en restaurante geleë.

Verblyf word in 3 woonstelle op die eerste verdieping gebied: Seemeeu, Blommetjie en Tjippie.

Die Seemeeu-eenheid is op die eerste verdieping geleë, word met 2 stelle trappe bereik en spog met 'n asemrowende uitsig en wonderlike sonsondergange. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers waarvan die hoofslaapkamer 'n koningingrootte-bed met ingeboude kaste het en die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens en 'n ingeboude klerekas het. 2 enkelbeddens is in die leefarea beskikbaar. Die badkamer het 'n stort met 'n sitplek, 'n toilet en wasbak. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ander geriewe sluit WiFi en 'n TV met Netflix in. Daar is 'n ingeboude braai op die balkon met ingeboude bankies.

Die Blommetjie-woonstel is op die eerste verdieping en lei na 'n balkon met 'n lieflike, gedeeltelike see-uitsig. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Enkelslaapbank is beskikbaar en die badkamer het 'n stort, bad en toilet. Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het 'n TV met Netflix en lei na die balkon.

Die Tjippie-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Geriewe in die kamer sluit 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, tweeplaatstoof, eetgerei, breekware, WiFi en 'n TV met Netflix in. Dié eenheid het ook sy eie privaat ingang en 'n braai-area. Dit grens aan die pad en is met 'n afskorting vir privaatheid toegerus.

Parkeerplek is in die straat beskikbaar en toesluitparkeerplek is op die perseel of 2 erwe vanaf die verblyf beskikbaar.

Lambertsbaai bied 'n rits buitelugrestaurante en aktiwiteite soos sandplankry, swem, branderplankry, visvang, 4x4-roetes en veerbote om Bird Island te besoek, of die dolfyne of walvisse tussen Augustus en November te sien.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.3
Wat gaste dink
Tiekie O
Saam met lewensmaat
5.0
Gesellig. Vriendelike ontvangs. Gerieflik ingerig vir een nag se oorslaap.
Sep 2024
Louise S
5.0
Pragtige netjiese plekkie. Baie lekker gebly. Alles wat mens nodig het.
Aug 2024
Angelique C
Saam met lewensmaat
5.0
Waarde vir geld. Fantastiese oornag akkommodasie en ons sal selfs langer bly. Ons gasheer het ons vriendelik ontvang en ons het veilige parkering op d...
Sien meer
Mei 2024
Lizann I
Saam met lewensmaat
5.0
We had a great weekend. It was a pleasant stay at Bokkomblommetjie. I would really recommend it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Aldovize E
Gesin met klein kinders
5.0
Voorsiening vir loadshedding is gemaak. Gas stofie, rechargeable lig, WiFi. Ons het baie lekker gebly. Die eienaar het ons vriendelik ontvang en onmid...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Maria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 82

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • DF Malan-straat 17, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bokkomblommetjie het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: DF Malan-straat 17, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3b169f1d5146fa68f74d7b6855cb2cc37160c9e9f50cc69ca1a4b5fcb1736c65f4e6f3784ac7da0aff2e2fd64d9e0aaef3a4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 2 mense 82 5 1 5 17 DF Malan Street Lambert's Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.094391103233 18.303723029553

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang