Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Breathe Inn

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jasus La Lande-straat 1658, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Breathe Inn is naby die strand Malkopbaai in Lambertsbaai aan die Weskus geleë. Die eiendom bied 'n ononderbroke uitsig oor die see en is net 100 m van 'n getypoel af.

Daar is 4 selfsorg-eenhede. 2 van die eenhede het 2 slaapkamers en die ander 2 het slegs 1 slaapkamer. Let asb. daarop dat elke kamer 'n en-suite badkamer het, en dis meer geskik vir gaste met kinders wat op die slaapbanke kan slaap. Elke eenheid het 'n oopplan-leefarea, braaigeriewe, parkeerplek, 'n TV met DStv en WiFi. Die kombuise is toegerus met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, breekware en eetgerei.

Die verblyf het 'n sonkragstelse om beurtkrag te verlig.

Lambertsbaai is een van die top seekos-bestemmings en vars vangste word daagliks ingebring. Muisbosskerm en Bosduifklip is heerlike opelug-restaurante met van die lekkerste seekos in die kontrei.

Daar is talle doendinge in die omgewing, soos sandplankry op die duine, vierwielmotorfietsry, mikrovliegtuigvlugte oor die baai en watersport soos swem, lyfplankry en branderplankry. Gaste kan ook die Boegoeberg 4x4-roete aanpak, op Elandsbaai se strand ontspan of die Kreeffees in Maart bywoon.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 89 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Mereze P
Saam met lewensmaat
5.0
Sielsvrede. Plekkie is pragtig. Uitsig asemrowend. Tannie, ons gasvrou, is dierbaar en hulpvaardig. Als wat mens benodig is reg daar - weg van die mid...
Sien meer
Mrt 2024
Elzaan V
Saam met vriende
5.0
N rustige wegbreek in n skoon, veilige woonstel. Uitstekende plekkie, pragtige uitsig en waarde vir geld. Vriendelike gasvrou.
Nov 2023
Kyle L
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese uitsigte en rustige woonbuurte. Goeie waarde vir geld. Fantastiese uitsigte en rustige woonbuurte. Goeie waarde vir geld. Baie tegemoetkom...
Sien meer
Sep 2023
Ansie D
Saam met vriende
5.0
Baie lieflike plek. Baie lekker gekuier. Alles baie gerieflik.
Aug 2023
Zandra V
Gesin met tieners
5.0
Dit was baie rustig en stil. Langs die see met 'n baie mooi uitsig.
Jun 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Suzette Lochner Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 89

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Jasus La Lande-straat 1658, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Breathe Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jasus La Lande-straat 1658, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc3e58760013a450e7f50276d79ffbaf5564fe47b5dea9e3b85c0028556158a9c5808f3409f3a31d1e51e17069c9a82460f29?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 89 5 1 5 1658 Jasus La Lande Street Lambert's Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.10809 18.30392

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang