Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bushbabies Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dinokeng Wildreservaat, Hammanskraal, 0182, Gauteng
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bushbabies Lodge is aan die Noord-Oostelike kant van die Dinokeng Groot 5-wildreservaat. Dit is ver van verkeer, musiek, ligte en die gedruis van die stadslewe af. Die manjifieke lodge spog met 'n pragtige, skaduryke grasperk en luisterryke groen tuine as middelpunt vir alle gaste om te geniet.

Die lodge het 'n verskeidenheid selfsorgverblyfopsies om van te kies. Die luukse chalets sluit 'n gesinseenheid, wittebroodsuite en veeldoelige eenheid vir paartjies in. Elke eenheid het sy eie privaat boma. Die afgesonderde wittebroodsuite het 'n verhitte plonspoel en is teen die Groot 5-grenslyn geleë.

Die lodge het ook tentkampstaanplekke wat bestaan uit koepeltente met dubbel- of enkelbeddens. Daar is ook daktente op 2 staanplekke wat ideaal is vir avonturiers en jong verkenners. Die tentkampe is elk volledig toegerus met eetgerei, breekware, 'n yskassie, linne, handdoeke, privaat ablusiegeriewe en 'n boma.

Groot karavaanstaanplekke is ook beskikbaar en elkeen het sy eie privaat ablusiegeriewe en 'n boma en is skaduryk met elektrisiteit en waterpunte.

Sekere maaltye kan voorberei word op versoek en teen ekstra koste vir alle verblyfeenhede. Spyseniering en konferensiegeriewe is ook beskikbaar.

Die lodge het 'n aanloklike, gemeenskaplike swembadarea met 'n lapa met 'n uitsig oor die watergat waar wild graag vergader. Daar is ook 'n skaduryke braai-eiland wat 'n vriendelike, familie-atmosfeer het en beskikbaar is aan alle gaste. 'n Eerlikheidskroeg en -snoepie is 'n gewilde aantrekking, en gaste kan gerus hierdie winkeltjie by die lapa-area besoek indien hulle peuselrig is. Vuurmaakhout, gebottelde water, ys en vuuraanstekers is beskikbaar by ontvangs.

Daar is 'n bosstyl-kinderspeelarea wat niemand sal teleurstel nie. Die speelarea sluit 'n plonspoel, rotsklimmuur en groot, interaktiewe swartbordmuur in. Die lodge is omhein en gaste kan lekker gaan fietsry.

Aktiwiteite in die Dinokeng-wildreservaat is eindeloos. Bushbabies Lodge bied begeleide wildritte, boswandelinge, mobiele spa-behandelinge en individuele potjie-etes wat op 'n silwer skinkbord met die hand by eenhede afgelewer kan word.

Bushbabies Lodge is die beste bosveld-wegbreekplek en sal jou stoutste verwagtinge oortref.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Selfsorg
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Nolan M
Gesin met klein kinders
5.0
Peaceful and pleasant. Fantastic, well manicured/maintained premises with friendly staff. Peaceful at night.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Wynand L
5.0
Ongelooflik en regtig asemrowend. Fantastiese plekkie in die bos. Ongelooflike goeie herinneringe saam met sulke goeie mense. Skoon, netjies en die me...
Sien meer
Jul 2024
Carol T
Gesin met tieners
5.0
Would love to come back! The lodge is well maintained. We stayed in the tented camp. It had everything we needed. We loved the treat st...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Fred N
Saam met lewensmaat
5.0
An unforgettable long-weekend! Every single thing was perfect, we had such a fantastic stay, will be reminiscing for a very long time! ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Andre K
5.0
Excellent Bushbabies were amazing, and the management and staff were wonderful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Barend Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Dinokeng Wildreservaat, Hammanskraal, 0182, Gauteng
  • Gaste dink Bushbabies Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dinokeng Wildreservaat, Hammanskraal, 0182, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA68c060c9f93a3af3454ffbdd05b903d174418c39616e4ee1084e775c0459cd3db1d54fa45a87d57591f96e0ebf9c882730ee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 39 5 1 5 Dinokeng Game Reserve Hammanskraal 0182 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.385208588141 28.435020446777

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang