Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bushveld Magic

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rust De Winter Weg R48, Hunter's Pride Estate Huis 9, Hammanskraal, Dinokeng Game Reserve, 0407, Gauteng
  • Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Bushveld Magic is 'n luukse villa op die 205 hektaar-Hunter's Pride Wildlife Estate in die Dinokeng Grootvyf-wildreservaat. Dit is 60 km vanaf Pretoria en 110 km vanaf Johannesburg.

Dié smaakvol gemeubileerde huis is met items versier wat uit die bos geneem is.

Dit beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Een slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed aan die kant. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed. Wit linne word voorsien. Albei kamers het ruim en suite-badkamers wat elk 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet het. Handseep, lyfroom en spuitgoed vir die kamer word gratis voorsien. Die slaapkamers lei na die middel van die huis wat 'n oopplan-kombuis, -eet en -leefarea met 'n slim-TV en internet het. Die kombuis is met 'n yskas, kouewatermasjien, oond, stoof, mikrogolfoond en wasmasjien toegerus.

Skuifdeure skei die onderdakstoep van die leefarea. Gaste kan ongerepte uitsigte oor die bos geniet terwyl hulle hul maaltye eet. Vrylopende sebras, vlakvarke en rooibokke kan soms gesien word.

Langs die stoep is 'n kaggel en boma-braai-area aan die een kant, asook 'n verhitte soutwater swembad aan die ander kant. 'n Skaduryke boom het 'n groot swaai met 'n uitsig oor 'n voëldam en pragtige sonsondergange. 'n Dubbelmotorhuis is deel van die huis en bied veilige onderdakparkeerplek. Gaste kan die huis direk vanaf die motorafhui binnegaan.

Op die groot landgoed se terrein is daar 'n speelarea vir kinders en 'n klein gholfbaan vir vermaak. Gaste moet hul eie gholfstokke en balle of fietse saambring, want daar is paaie vir fietsry, stap of draf in die omheinde area. Gaste kan dalk ook die Groot Vyf langs die buitenste heining sien.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoninggrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Gedeelde dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Bushveld Magic
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Renate Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Rust De Winter Weg R48, Hunter's Pride Estate Huis 9, Hammanskraal, Dinokeng Game Reserve, 0407, Gauteng
  • Gaste dink Bushveld Magic het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rust De Winter Weg R48, Hunter's Pride Estate Huis 9, Hammanskraal, Dinokeng Game Reserve, 0407, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA92d5c58f1d16e1338ee773a9b5ae42592d65f6d939553054e82a261b2defbca7c58e5ca9e6f522eb5c3e35f1011a97f6166a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag, vir 6 mense 2 5 1 5 R48 Rust De Winter Road House 9 Hunter's Pride Estate 0407 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.336080756581 28.375803699261

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang