Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Butterfly House

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Rika V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Wonderlik. Wonderlike ligging. Lekker huis. Baie lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hannelie R
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2023

Heerlik gekuier in Marlothpark. Huisie was baie skoon en netjies. Heerlik gerus, het al die wild wat kom kuier baie geniet. Het laataand veilig gevoel agter die tralies van die stoep, terwyl ons steeds die naglewe van die wild geniet het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sue W
Kort verblyf Gesin met tieners
4.2
Apr 2024

We had a very comfortable and enjoyable stay. Everything we needed was in the house. Lots of animals around the house.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Elize H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.4
Aug 2024

Het lekker gebly ten spyte van bogenoemde. Sekere aspekte kort aandag. Daar het 3 knope geskort aan gasstoof. 2 plate plus oond se knope was af. Advertensie wys swembad en twee dae voor ons besoek word ons ingelig dat swembad onbruikbaar is a.g.v. 'n lek. Los bakstene in plaveisel kan mens laat struikel. Toe ons 3 uur arriveer, was skoonmaker nog nie klaar nie. Moes ook wag vir die badkamer omdat sy eers gaan aantrek het.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Mariaan
Butterfly House
Baie dankie vir die resensie. Ongelukkig het die swembad 'n skeur plek op die trappe gekry en was dit totaal en al buite ons beheer. Toe die skoonmaker my laat weet het dat die swembad lek, het ek onmiddellik iemand gestuur om vir my te gaan kyk wat fout is. Ongelukkig het ek die slegte nuus ontvang dat die swembad nie herstelbaar is nie agv swak kompaktering. Ek het 'n week nodig om die swembad te vervang waarvan aanvang op 9 September begin. Die stoofknoppe is op bestelling by Camp en Gas in Nelspruit. Na 'n lang gesukkel het ek nuwe knoppe ontvang waarvan die nuwe knoppe nie pas nie. Dus is dit teruggestuur. Die stoof kan nog steeds gebruik word deur die knoppe uit te trek en by die ander plate in te druk. Ek vra omverskoning vir die ongerief en hoop dat julle gou weer sal kom kuier.

Emsie A
Kort verblyf
4.8
Aug 2022

Ons het elke oomblik so na aan die natuur geniet. Ons ousus en ouboet het dit vreeslik baie geniet. Eerste keer net soos by Marloth. Ons kamp gewoonlik of slaap in die rondawels in die wildtuin. Net een onaangename voorval. 'n Paar dae nadat ons vertrek het huis toe het iemand ons laat weet dat die bediende 'n spaar matjie vermis wat agter een of ander hangkas was. Beslis het ons nie die matjie geneem nie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Michelle V
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2021

Absoluut fantasties. Butterfly House is baie goed onderhou en Mariaan was altyd beskikbaar vir enige vrae. Ons het baie diere gehad by die huis en ons verblyf was absoluut fantasties. Ons het sommer nog 'n ekstra dag geboek. Ons sal beslis Butterfly House aanbeveel en weer daar gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Malinda D
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Jun 2021

Wonderlik, uit die boek. Lieflike plek. Baie goed toegeruste huis met kwaliteit meubels, eetgerei, breekware,linne, handdoeke en matrasse. Pragtige kuier-stoep met oulike braai-area en aangename swembadjie. Hope mak wild, nagapies te kostelik. Wegbreek duisend, beveel beslis aan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louise H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jun 2021

Rustige wegbreek ver van die stad se gewoel. Baie netjies en gerieflik. Vriendelike gasvrou. Rustig en eenkant. Baie diere gesien. Die vlakvarke is soos huisdiere. Lê sommer onder die boom en wag vir 'n pil om hulle kant toe te kom. Koedoes, zebra en verskeie boksoorte gesien. Weg van stadsgevoel. Sommer net afgeskakel en die batterye weer herlaai. Sal dit enige tyd aanbeveel vir enige een. Dankie.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lynette C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Sep 2021

Beslis waarde vir geld. Baie dankie dat ons jul huisie kon gebruik. Alles wat mens nodig het was daar vir ons om te gebruik. Sommer baie gereelde besoekers gehad. Koedoes, blou wildebeeste, sebras, baie bosbokkies, duikertjies, gebande muishonde en vlakvarke. Blou apies het ook hul opwagting gemaak. Elke dag die bloukuifloerie, groen vlerk duifie, swartkop wielewaal en vele meer voëls gehoor en gesien. Saans die Afrika naguiltjie, leeus ens gehoor. Was ook gelukkig om leeus en troppe olifante in die rivierloop te sien. Baie kameelperde en Njalas gesien in die park self. 'n Heerlike plekkie waar ons kon uitspan en rustig wees en sommer die bos te geniet. Nogmaals dankie Mariaan vir jou gasvryheid. Sal graag in die toekoms weer jul plekkie wil gebruik.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Esta N
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2020

Stukkie paradys. Buitengewone buitelewe ervaring met wilde (mak) diere wat tot op jou stoep kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Mariaan Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 158

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Butterfly 1854, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQyY2I3NDRiLTlmZmQtNGQ1Yi1iYjczLWIwODhhZjU3Y2EzYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 6) 63 5 1 5 Butterfly 1854 Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -25.339613331208 31.777777813492

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang