Cabin16 @Riviera Wharf
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Derick & Renate Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 2 jaar
Opsomming van Resensie
Susette L - Feb 2024
Algehele gradering
Was heerlik gewees!
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Baie dankie vir die resensie, Susette. Dit was heerlik om jou te kon ontvang en bederf. Geniet die res van jou reise. Kom kuier asb. weer.
Odette D - Nov 2023
Algehele gradering
Heerlik. Ona het dit baie geniet.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Baie dankie vir jou mooi terugvoer, Odette. Dit was waarlik 'n groot voorreg om julle by Cabin 16 te ontvang. Kom kuier gerus weer. Dankie vir die mooi skoon woonstel wat julle agtergelaat het.
Chrisna C - Sep 2023
Algehele gradering
Gerieflik, netjies en word sterk aanbeveel.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Liewe Chrisna. Ons waardeer jul kuiertjie by ons so baie. Die mooi woorde wat jy geskryf het, is ñ riem onder die hart. Dankie daarvoor. Seengroete
George G - Apr 2024
Algehele gradering
Nie te sleg nie maar sal nie weer daar bly nie.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Baie dankie vir jul terugvoer. Jammer vir enige ongerief. In ons LS inligtingstuk word daar duidelik aangedui dat die woonstel nie 'n rivier uitsig het nie.
Ongelukkig is daar reëls opgeplak, want dit is die hotel se vereiste. Ons is daaraan verbonde. Ek is jammer dat dit julle gepla het. Dankie vir die resensie. Mag jul toekomstige reise goed daaruisien.
Candy O - Jun 2023
Algehele gradering
Home from home.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Thank you, Candy, for staying with us. We loved having you here. Thank you for your kind words. Please visit us soon again.
Lerato M - Mei 2023
Algehele gradering
Awesome.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Thank you for the feedback on your stay. Apologies for the Wi-Fi signal.
In our advertisement, we do mention that the Wi-Fi signal is limited. Especially during load-shedding, then there's no wifi. The generator only keeps the lights on. Unfortunately, we don't have much we can do else until we get fiber in the area. We are however looking into getting this problem sorted out soon.
Patrick K - Sep 2023
Algehele gradering
Dit was in die geheel ver bo wat ons verwag het.
Lees meerCabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Baie dankie vir julle terugvoer Patrick. Ons waardeer dit werklik baie. Dit is vir ons heerlik om gaste te trakteer met skoon geriewe, en om seker te maak dat jul alles het wat jy tuis ook sou gebruik het. Dankie dat julle ons gekies het om jul welverdiende ruskans te akkomodeer. Kom asseblief weer.
Petro D - Jul 2023
Algehele gradering
Baie netjies en gerieflik.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Baie dankie vir jou gunstige resensie, en jul verblyf Petro. Dit was vir ons 'n eer om julle by ons te verwelkom.
Gerhard V - Des 2022
Algehele gradering
Goeie geriewe - alles wat mens mag benodig.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Baie dankie vir julle welkome gradering. Dit was vir ons heerlik om julle te ontmoet. Ons hoop om julle sommer gou gou weer te bederf by Cabin 16.
Peter M - Apr 2022
Algehele gradering
Baie aangename plekkie om te bly. Eienaars baie vriendelik en sal altyd help. Ek beveel die plekkie aan en sal weer gaan. Baie dankie vir die goeie diens en vriendlikheid.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Baie dankie Peter, vir jul vriendelike woorde. Dit was heerlik om julle te ontmoet. Ek wil die hoop uitspreek dat dit sommer gou gou weer sal gebeur. Baie seen en sterkte met al julle toekomsplanne.
Chenell V - Feb 2022
Algehele gradering
Pragtig en rustig.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Dankie vir julle eerlike terugvoer Chenell. Dit was vir ons baie lekker om julle te ontvang. Jammer julle het ons nie laat weet dat die 2 kussings per persoon nie vir julle gerieflik was nie. As ons gedurende julle verblyf al daarvan gehoor het, sou ons dit vervang het met iets wat julle goedkeuring sou wegdra.
In ons korrespondensie meld ons dat daar nie badhanddoeke, of strandhanddoeke voorsien word nie, maar as dit 'n probleem is, kan ons uithelp - indien nodig. As 'n reel word handdoeke net verskaf op spesiale versoek, veral as gaste invlieg, en veral as ons vooraf in kennis gestel word.
Ons vra weereens omverskoning vir enige ongerief, en ons onderneem om dadelik daaraan aandag te gee.
Hoop ons sien julle in die toekoms weer.
Pohl D - Jan 2022
Algehele gradering
Baie lekker gekuier. Ligging is perfek. Eenheid baie goed toegerus en baie skoon en netjies. Kliëntediens baie vriendelik en behulpsaam.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Beste Pohl,
Baie dankie vir jul vriendelike en positiewe resensie. Ons streef altyd om dit vir ons gaste so gerieflik as moontlik te maak. Dit was heerlik om julle te ontvang by Cabin 16. Dankie dat jul die eenheid so netjies gelaat het. Ons vertrou om julle sommer spoedig weer hier by ons te kan bederf. Sterkte vir die jaar vorentoe.
Michelle D - Jan 2022
Algehele gradering
Topklas-akkommodasie!
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Beste Michelle en gesin
Dankie dat julle ons gekies het as jul vakansie-tuiste.
Ons waardeer julle mooi terugvoer, en hoop om julle in die toekoms weer by Cabin 16 te kan ontvang. Mag jul jaar voorspoedig verloop, tot ons jul weer sien. Bly julle het lekker gekuier.
Hein B - Jan 2022
Algehele gradering
Eenheid is netjies met al die nodige items. Alles wat jy nodig het is daar.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Baie dankie Sonja en familie dat julle gekies het om by ons oor te bly. Dit was vir ons 'n eer om julle gashere te wees. Kom kuier asseblief gou weer.
Karen H - Nov 2022
Algehele gradering
Baie lekker gekuier, baie sentraal, goeie ligging.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Baie dankie vir julle kuiertjie by Cabin 16. Ons hoop om julle sommer gou gou weer te verwelkom.
Annemarie O - Apr 2022
Algehele gradering
Heerlike wegbreek.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Liewe Anne-marie. Ons is so bly dat julle by ons besoek afgele het. Dit was voorwaar baie lekker om julle gashere te kon wees. Mag die jaar vorentoe vir julle net baie lekker wees. Kom kuier asseblief gou weer, sodat ons julle lekker kan bederf.
Gerrit J - Feb 2022
Algehele gradering
Baie mooi plek.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Dankie vir jul resensie Gerrit. Jammer julle het die ligging nie gepas ervaar nie, maar soos jyself geskryf het was alles gerieflik naby. Nie presies seker hoe ons die ligging enigsins kan verbeter nie.
Wat die rolstoelvriendelikheid aanbetref, wil ons net noem dat 'n rolstoel orals, sonder moeite in en uit kan beweeg. Vanaf die rolstoelvriendelike parkering tot binne in die eenheid. Dit was slegs die stort waarin die stoel nie kon inrol nie. Maar, ons het die deur verwyder, 'n spesiale "oprit" gebou binne die eerste middag na jul ingeklok het, en die res was toe aangewys as 100%.
Ons vertrou dat julle ons weer 'n geleentheid sal gun om jul te bederf by Cabin 16.
Nogmaals dankie vir jul besoek. Mag dit 'n mooi jaar vir jul wees vorentoe.
Pieter V - Nov 2021
Algehele gradering
Uitstekend.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Baie dankie Pieter. Dit was so aangenaam om julle as gaste te kon ontvang. Hoop om jul spoedig weer te sien.
Mooi loop.
Danvin D - Nov 2021
Algehele gradering
Very good stay.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
What an absolute pleasure it was to host you during your well-deserved breakaway. It was an honour for us that you've chosen to spend your birthday at Cabin 16.
Daniel L - Nov 2021
Algehele gradering
Een van die lekkerste uitspanplekke waar ons nog gebly het!
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Beste Danie. Ons is so bly julle het lekker gekuier. Onthou, julle het nou familie hier in Hartenbos .
Hoop ons kan julle in die toekoms weer lekker bederf.
Dankie vir die mooi woorde
Groete
Die Oosthuizen's
Zahn-mari K - Nov 2021
Algehele gradering
Pragtige, netjiese verblyf.
Cabin16 @Riviera Wharf se terugvoer
Liewe Zahn-mari
Dit was 'n groot voorreg om julle te ontmoet, en te bederf. Al was dit kort, hoop ons om julle spoedig weer by ons te verwelkom.
Baie sterkte met jul daaglikse dinge, en onthou, hier is altyd 'n rusplekkie vir julle pragtig gesin.
Beste wense, en baie dankie vir jul mooi woorde.
Groete
Die Oosthuizen's
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-weg 133, Riviera Wharf, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang