Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cape on Porterfield Unit 5

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Porterfield-weg 9, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 770 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Cape on Porterfield Unit 5 is 'n smaakvol versierde selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in die hartjie van Bloubergstrand. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n heerlike kusvakansie in die Moederstad aangesien dit naby gewilde kafees, restaurante en nuwerwetse kroeë geleë is.

Dié woonstel met 'n boheemse tema het slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer wat ook met 'n stort toegerus is. Skerp wit linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n sentrale etenstafel. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Deur die skuifdeur is daar 'n oulike balkon met buitesitplek wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Die ligging van hierdie kompleks is ideaal net 250 m vanaf Bloubergstrand. Gaste kan hul dae op die strand deurbring, waar gesinne, vriende, vlieërbranderryers en watersportentoesiaste saamstroom om die sonskyn te geniet.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Cape on Porterfield Unit 5
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 720

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Porterfield-weg 9, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cape on Porterfield Unit 5 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 770
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 770
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Porterfield-weg 9, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA04f3af7ddd0b43e951fea9f83f7bebe016e3a711f02b04e22840f51c2531435397e272385fdcbd33b7fac9c4066a1cddc5ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 770 per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 9 Porterfield Road Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.819523 18.479026

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang