Capri House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kompanie-weg 7, Capri Village, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Capri House is die ideale selfsorg-gesinswegbreek met 'n fantastiese ligging in die stil Capri Village-buurt, net 'n paar minute se ry van die witsandstrand in Noordhoek en Kommetjie se Long Beach af. Die huis staan op 'n heuwel en bied 'n uitsig oor die vallei en die see in die verte. Capri House is onafhanklik van die plaaslike netwerk en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.
Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, ketel, broodrooster en 'n opwasarea met 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en die sitarea het 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Die sitarea bied ook toegang tot 'n stoep met buitesitplek, 'n buitetafel met stoele en 'n ketelbraai. Daar is 'n pragtige tuin en oorgenoeg plek vir laatmiddagspeletjies op die gras of 'n middagbraai.
Kinderspeelgoed en boeke, asook die gratis gebruik van 'n reiskot en 'n babastoeltjie is beskikbaar. Die huis is ook met 'n beurtkragbattery met 'n kapasiteit van 720 W toegerus en dit sal maklik die internet, die TV en 'n paar staanligte aan die gang hou in die geval van beurtkrag.
Daar is 'n dubbelmotorhuis en ekstra parkeerplek agter 'n sekuriteitshek langs die huis.
Die gewilde Imhoff Farm is naby en hier kan gaste die hele dag rondstap en na die plaaslike kunsvlyte kyk, ietsie te ete kry, inkopies doen en 'n rits interessante diere sien. Noordhoek Village spog ook met verskeie restaurante, boetiek-roomys, 'n deli en koffiewinkels.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Thomas Geverifieer
Eiendomme 13
Resensies 79
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kompanie-weg 7, Capri Village, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Capri House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kompanie-weg 7, Capri Village, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang