Carpe Diem 1
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 6 Des 2024 tot 12 Jan 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Collisonstraat 43, Manaba Beach, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Carpe Diem 1 is 'n ruim selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Manaba aan die suidkus. Die kompleks is naby 'n rits van Margate se besienswaardighede en geriewe.
Hierdie grondverdiepingwoonstel is geskik vir 6 volwassenes en 2 kinders en het lugversorging, 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n aparte stort, asook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en bied toegang tot 'n tweede badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en bied toegang tot 'n derde badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad.
Die kombuis het die nodige geriewe om etes voor te berei en te kook, insluitend 'n skottelgoedwasser. Die aangrensende leefarea lei na 'n stoep met braaigereiwe, 'n tafel en sitplek om die see-utisig te bewonder.
Lucien-strand, 'n blouvlagstrand, is stapafstand vanaf die woonstel en Margate se hoofstran is 'n kort entjie se stap langs die strand. Margate is 'n baie gewilde dorp wat spog met wonderlike strande, 'n groot swembad, en ook 'n Afrika-handwerkmark. Die woonstel is ook 50 km weg vanaf Oribi Gorge wat die langste zip-line in Afrika, bergfietsry, voetslaan, witwatervlotvaart en 'n natuurreservaat bied. Verder is die Wild Sun Casino ook minder as 50 km weg. Shelly Beach bied flieks, twee winkelsentrums, hengel, dolfyn- en walviskyk asook duik by Protea Banks.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
David Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 357
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Collisonstraat 43, Manaba Beach, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Carpe Diem 1 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Manaba Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Collisonstraat 43, Manaba Beach, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang