Charlie's Place
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 2 Des 2024 tot 6 Des 2024.
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Johns Wood-singel 12, Parklands, Blouberg, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Charlie's Place is 'n ruim en gerieflike selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel. Die woonstel het sy eie ingang en parkeerplek voor die woonstel. Gaste het ook toegang tot 'n lieflike swembad-area. Die perseel is stapafstand vanaf verskeie winkles en restaurante en is net 2,4 km vanaf Blouberg se strandfront wat bekend is vir vlieërbrandderry en watersporte. Die wynlande en middestad van Kaapstad is ook net 'n entjie weg.
Charlie's Place het slaapplek vir 2 gaste en het 'n oopplan-uitleg. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en 'n groot kas. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n groot yskas, mikrogolf, tweeplaatgasstoof, oondjie, ketel, broodrooster, kookgerei, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n sitarea met 'n waaier en 'n platskerm-TV met satelliet-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is ononderbroke kragtoevoer tydens beurtkrag. 'n Lessenaar en stoel is beskikbaar. Doen asb. navraag rakende dit tydens bespreking indien dit benodig word.
Buite is daar 'n privaat stoep met 'n tafel en stoele, 'n sambreel en 'n draagbare braai. Veilige en privaat parkeerplek op die perseel is vir 2 motors direk voor die woonstel beskikbaar.
Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembadarea met skadu, stoele en sonstoele. Gaste het ook toegang tot 'n wasmasjien en wasarea met 'n wasgoedlyn. 'n Weeklikse skoonmaakdiens kan op versoek teen ekstra koste gereël word.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Diens op aanvraag
- Koordlose internet
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Charlene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- St Johns Wood-singel 12, Parklands, Blouberg, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Charlie's Place het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Parklands Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: St Johns Wood-singel 12, Parklands, Blouberg, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang