De Hoop Plaas
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N1, De Hoop Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
De Hoop Gaste Plaas skuil op 'n werkende plaas naby Beaufort-Wes in die hartjie van die Karoo en bied gerieflike selfsorgverblyf.
Verblyf is beskikbaar in 4 selfsorg-eenhede.
Huisie Nommer 1 beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n induksiestoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, breekware en eetgerei asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan by die kaggel ontspan of braai op die stoep. Daar is 'n klein ingeperkte area met gras voor die stoep. Hierdie huisie het 'n songeyser, so op bewolkte dae is die water net louwarm. Gelukkig is dit selde 'n probleem in die sonnige Karoo.
Huisie Nommer 2 beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n kombuis en ’n leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle beddegoed en linne word voorsien Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met ’n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie huisie het n afdak bo die stoep en daar is 2 groot bome wat baie skaduwee verskaf. Hierdie huisie is ook gelee met n mooi uitsig op die berg.
Huisie Nommer 3 beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n oopplan kombuis-leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met ’n induksieplaat, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe.
Huisie Nommer 4 beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n oopplan kombuis/leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met ’n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie huisie het n afdak bo die stoep. Die huisie het 'n groot erf, perfek vir troeteldiere. Hierdie huisie is ook gelee met n mooi uitsig op die berg.
Troeteldiere is meer as welkom.
Gaste kan die nabygeleë Karoo Nasionale Park besoek wat die tuiste van 'n verskeidenheid inheemse bokke en voëls is en 'n toevlugsoord is vir die hoogs bedreigde swartrenoster en Oewerkonyn. Aktiwiteite om en in die area sluit voetslaan, 4x4-roetes, wildkyk en geskiedkundige toere in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Internet
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Ron Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Langs die N1, De Hoop Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink De Hoop Plaas het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Beaufort-Wes Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die N1, De Hoop Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang