Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

17 Claptons

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marina Martinique, Dolfynrylaan, Jeffreysbaai, 9322, Oos-Kaap
  • Vanaf R580 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

17 Claptons is 100 m van die see af, maar het nie 'n see-uitsig nie. Hierdie duplekswoonstel is in Claptons Beach, Marina Martinique, Jeffreysbaai geleë.

Die boonste verdieping beskik oor 2 slaapkamers en 'n volledige badkamer en die onderste verdieping het 'n oopplan-kombuis en 'n sitkamer. Daar is ook 'n gastebadkamer met 'n toilet en 'n wasbak. Ongelukkig word handdoeke nie voorsien nie.

Die kombuis het 'n yskas, stoof, mikrogolfoond en 'n wasmasjien en die sitkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder, -slimkaart em kabels saambring. 'n OVHD-dekodeerder is beskikbaar met 18 kanale vir diegene wat nie DStv het nie.

Daar is 'n buitestort en 'n buitebraai beskikbaar. Daar is ook 'n oopparkeeerplek vir 'n voertuig en 'n sleepwat. Ongelukkig is 17 Claptons nie troeteldiervriendelik nie.

Gaste het toegang tot 'n swembad en kanaal wat na die agterkant van Marina Martinique lei. 'n Afstandbeheerde hek voor die kompleks lei na die strand. Daar is trapbootjies te huur om in die kanaal te roei. Die kanaal is 7 km lank, bring net jou eie boot, trapski of kajak saam. Gaste kan ook swem of visvang in die kanaal. Dit is 'n lekker visvangplek teen die see.

Buite Marina Martinique-kompleks is daar 2 restaurante, Walskipper en Tappas waarby gaste kan gaan smul. Die Wacky Water World is ook naby.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Tv

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Heinrich J
Saam met lewensmaat
4.8
Aangename tyd gehad. Aangename verblyf. Aangename stil omgewing vir Oktober. Streng geen geraas met streng reëls. Loopafstand van die see. Nie geskik ...
Sien meer
Okt 2024
Frans L
Saam met lewensmaat
4.8
Dit is baie veilig en naby aan die see. Dit was heerlik. Sal weer gebruik.
Mrt 2024
Gert K
Gesin met tieners
4.6
Soos geadverteer, lekker gebly. Soos geadverteer, lekker gebly, elke dag op die strand.
Mrt 2024
Riana E
Saam met vriende
4.6
Ons het lekker gerus. Oor die algemeen goeie verblyf. Ons het lekker gebly. Trappe styl.
Nov 2023
Frans L
Saam met lewensmaat
4.4
Was heerlik, sal weer gebruik maak van 17 Claptons. Redelik bekostigbaar en baie lekker area en veilig.
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 32

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Marina Martinique, Dolfynrylaan, Jeffreysbaai, 9322, Oos-Kaap
  • Gaste dink 17 Claptons het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 580
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 580
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marina Martinique, Dolfynrylaan, Jeffreysbaai, 9322, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI0YWRhOWVkLThjYTQtNGExZS04OGQzLTJkOTI5NTE5OWY5Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R580 per nag (plek vir 4) 26 5 1 5 Marina Martinique Dolphin Drive 9322 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.076372197012 24.919985532761

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang