Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cock & Bull

Gastehuis
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cock & Bull is 'n kroeg, restaurant en verblyf aan die voorheuwels van die Magaliesberge. Cock & Bull is 40 minute vanaf Pretoria, Johannesburg en Rustenburg en 7 km vanaf Hartebeespoortdam aan Sun City se kant geleë.

Die verblyf is perfek vir sakereisigers of enige iemand wat van die doendinge in en om Hartbeespoort wil doen.

Die kamers is nie selfsorg behalwe kamers 13 en 14 nie, maar is gerieflik vir oornagverblyf. Etes en drankies kan by die restaurant op die perseel bestel word wat daagliks ontbyt, middagete en aandete bedien. Ontbyt is nie by die tarief ingesluit nie. Andersins kan gaste ook agteroor sit met 'n drankie in die pragtige tuin.

Die houthuise is vir reisigers en is ideaal vir gaste wat troues en partytjies bywoon. Die kamers is langs mekaar geleë en bied slaapplek vir 2 gaste elk. Dié hutte het lugversorging, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas.

Die gastekamers is ontwerp en gemeubileer om jou gemaklik te hou. Die gastehuis het 4 kamers wat reg langs die kroeg geleë is, maar ook privaat met hul eie ingange. Dié kamers het 'n TV, WiFi, lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n yskas.

Daar is 2 gesinskamers met slaapplek vir 4 gaste. Hierdie oopplan-eenhede is geskik vir gesinne of vriende en is ten volle selfsorg met al die nodige geriewe soos lugversorging, TV, WiFi, 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die hoogtepunt van die perseel is die Cock & Bull-restaurant en kroeg wat spog met heerlike steak, tuisgebakte pastei, en handgesnyde aartappelskyfies. Daar is 3 groentetuine op die perseel, so die bestanddele is vry van plaagdoders.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 182 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Francois D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker. Lekker gebly, net erg geraas van ander inwoners. Braai plek, maar geen borde, messe, vurke of braai tang in die cabin.
Nov 2024
Yolande H
Saam met lewensmaat
5.0
Baie oulike plekkie. Baie lekker. Heerlike lugverkoeling op 'n warm dag.
Okt 2024
Liezel O
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker plek in Harties, sal hom definitief aanbeveel. Baie netjies en vriendelike plek. Die restaurant is ook baie gesellig en die kos is uitstek...
Sien meer
Okt 2024
Esmari G
Saam met lewensmaat
5.0
Goed. Was lekker. Kan dit aanbeveel.
Sep 2024
Susan T
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies en veilig. Die plek was so mooi en netjies ingerig en baie skoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 182

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
  • Gaste dink Cock & Bull het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R512, Hartbeespoort, 0280, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyY2M3ODMwLWUxNTMtNGI1Ni05YjhiLTliYzk5MWQ4ZDIyMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 182 5 1 5 R512 Hartbeespoort 0280 Noordwes 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -25.719483 27.780981

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang