Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dana View

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: A. Ferroxstraat 67, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Dana View is in Danabaai sowat 200 m se stap vanaf die strand en is ideaal vir hengelaars en strandliefhebbers. Verblyf word in 'n hoofhuis en 'n ateljeewoonstel gebied.

Die hoofhuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, handstort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, handstort en 'n toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die sitarea het rusbanke en 'n etenstafel met stoele. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolf, basiese breekware, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Hierdie eenheid lei na 'n stoep met braaigeriewe, meubels en 'n see-uitsig.

Dana View Studio Apartment is 'n selfsorg-ateljeewoonstel met 'n privaat ingang en veilige parkeeprlek op die eienaar se perseel. Dit is ideaal vir sakereisigers, paartjies en gaste wat oornagverblyf soek.

Die oopplan-area het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, 'n ketel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n slim-TV en gratis WiFi.

Braaigeriewe met 'n pragtige see-uitsig is beskikbaar. Danabaai bied aktiwiteite soos stap, voetslaan en watersport en daar is verskeie diere, voëls, fynbos en wildritte.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Edward G
Saam met lewensmaat
5.0
Just a good relaxing weekend. Fantastic! I really appreciate the cleanliness and safety we experienced! I will definitely tell others a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Anna D
5.0
Sal Dana View Studio enige tyd weer besoek. Rustige area, lekker wegbreek naweek vir ontspanning en om uit die besige stadslewe te kom.
Jun 2024
Sandra D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike kuier. Wonderlike pragtige plek. Sal dit vir enige iemand aanbeveel. Mens het alles wat jy nodig het en alles is pragtig skoon en netjies.
Apr 2024
Frans V
5.0
Baie rustig en lekker stil buurt om te ontspan. Ek het dit baie geniet en al die aktiwiteite van Mosselbaai is in 'n oogwink bereikbaar.
Apr 2024
Tracey B
Saam met lewensmaat
4.6
Small and neat A larger kitchen with seating and luggage racks would add to the space. Safe parking.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Annette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • A. Ferroxstraat 67, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dana View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: A. Ferroxstraat 67, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4a66d0a9f975fc0014f75919e0a3df169c14620781cb61babe1a3235c8edd16c5f0a687004e11b6b9388745498d424619fe9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 67 A. Ferrox Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1976327 22.0435617

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang