Deja Blue Beach House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glengariff, Plaas 723, Deel 28, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
- Vanaf R4 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Deja Blue Beach House is 'n luukse en moderne strandhuis met 'n ononderbroke see-uitsig. Dis in Glengariff net 15 minute vanaf Oos-Londen en bied al die geriewe wat gaste nodig het vir 'n ontspannende wegbreek.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 pragtige kamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Die badkamer in die gang het 'n bad, stort en 'n wasbak en daar is 'n aparte toilet langs die badkamer. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, breekware, eetgerei en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Dit lei na die sitarea met gemaklike sitplek, 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die oopplan-leefarea en -kombuis se deure lei na die stoep met sitplek en 'n braai-area. Daar is ook 'n see-uitsig van daar af.
Die eiendom het veilige parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis op die perseel en dis stapafstand vanaf die groot strand waar gaste kan sonbaai, draf, stap, swem, branderplankry, vlieërplankry, visvang, roei of ski. Daar is ook 'n strandmeer.
Die omgewing bied aktiwiteite soos 'n groot wildreservaat, gholfbaan, restaurante en 'n brouery.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Jesica Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Glengariff, Plaas 723, Deel 28, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
- Gaste dink Deja Blue Beach House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Glengariff Wildekus Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glengariff, Plaas 723, Deel 28, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang