Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Letterhuis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Sigrid W
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Feb 2024

Onvergeetlike kosbare ervaring. Die verblyf in Die Letterhuis en die stap op die wandelpaaie in die omgewing was 'n ongelooflike ervaring. Hier kon mens tot innerlike rus kom in die pragtige natuur langs die Groot Rivier, met ware en profetiese woorde uit God se Woord wat padlangs ontdek kan word. To be "entwined" in Hebreeus beteken "to wait", met Jeshua "entwined"/verbind terwyl ek wag op Sy pad-aanwysing. Ek persoonlik het 'n nuwe perspektief gekry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Annemarie M
1 nag Gesin met tieners
5.0
Sep 2023

Baie mooi en rustige omgewing. Heleen en Karel het ons met die intrapslag sommer welkom laat voel. Na ons middagstappie het Heleen ons bederf met die heerlikste tuisgebakte brood en vars melk. Die Letterhuis is pragtig! Daar is soveel moeite gedoen met die fynste detail in alles. Die aand het ons lekker op die stoep gesit en gekuier en die natuur om ons geniet. Ons sal vir seker weer daar gaan asemskep en rus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nelia L
1 nag Saam met vriende
5.0
Mei 2023

Ongelooflik! Wat 'n ervaring! Die plekkie is prentjiemooi, met bederfies waar jy kyk. Spesiaal verby! Heleen en Karel laat mens tuis en welkom voel. Sal enige tyd weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Eric C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2023

Spectacular setting. Quiet and restful. Tranquil walks. Comfortable and near accommodation. Will definitely be back.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Meg K
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Mrt 2023

A beautiful, serene home with wonderful and reviving walks. This little farmhouse has been beautifully restored. Our hosts were amazing, friendly and helpful. Really going above and beyond. What a lovely surprise to arrive back from our walk to fresh farm milk and deliciously warm, homebaked bread. There is a serenity beyond compare on this beautiful farm.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Charl V
1 nag Saam met vriende
4.6
Mei 2023

Veilig, pragtige area en omgewing, lekker om te rus maar ook baie om te doen. Sal weer besoek. Heerlike plek. Binnebraai en 2de badkamer sal 'n groot aanwins wees vir die toekoms. WiFi sal ook 'n groot plus wees aangesien daar geen sien is nie. Eienaars baie behulpsaam en vriendeik. Pragtige omgewing vir ontspan.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Sandra M
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2022

Ongelooflike, heerlike en pragtige omgewing met die gasvryste eienaars. Die eienaars is wonderlike, vriendelike mense. Die Letterhuis het ons verwagtinge heeltemal oorskry. Dit was 'n heerlike verrassing, en dit wat jy op foto's gesien het was in die regte lewe beter en mooier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gary W
1 nag Saam met vriende
5.0
Des 2022

Uitstekende ligging en pragtige woning. Ons het ons oornag terdeë geniet met lekker braaipakkies en slaai wat voorsien was. Terdeë 'n pragtige plek wat met baie liefde herstel is en bestuur word. Baie gawe mense en niks was moeite nie. Beslis 'n plek om vir 'n paar dae oor te bly met familie. Daar geweldig baie om te doen en sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Petro M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2022

Ongelooflik spesiaal. Spesiale mense wat uit hul pad gaan om jou verblyf so lekker as moontlik te maak en hulle spesiale plek met ons te deel ons kom beslis weer en weer terug.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kobus V
1 nag Saam met vriende
4.8
Aug 2021

Karoo op sy beste. Die Letterhuis is 'n besonderse mooi, unieke plaasbestemming. Jy word met groot, openhartige gasvryheid ontvang. Die huis is uitstekend toegerus en jou gemak is verseker. 'n Lekker kaggel (hout word voorsien) en elektriese komberse het gesorg dat ons knus en warm was. Die omgewing is pragtig. Die kort voetslaanroetes met al die kuns-installasies was besonders verfrissend. Ons het veral die doolhof baie geniet. Die wonderlike sterre-uitspansel saans was asemrowend mooi. Prince Albert is naby genoeg vir 'n uitstappie, maar om in die unieke omgewing tyd deur te bring oortref enige dorpservaring. Baie dankie dat julle die besonderse plek met ons gedeel het.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Karel
Die Letterhuis
Baie dankie, Kobus. Dit was vir ons 'n groot voorreg.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Karel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R4 200
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R4 200
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R407, Aswater Plaas, Prince Albert, 6930, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwzOdRWegqOk9yIBtSIMAlexS3g3jlywgIjrfm7W27xVZcrZLuD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 200 per nag, vir 6 mense 12 5 1 5 R407 Aswater Farm 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.273641441605 22.375524044037

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang