Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Die Peperboom

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidelbergstraat 19, Panorama, Parow, 7500, Wes-Kaap
  • Vanaf R670 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Peperboom is 'n gastehuis in 'n stil woongebied in Kaapstad se Noordelike Voorstede. Dit is naby Panorama Mediclinic en mediese sentrums, en net 16 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Die gastehuis beskik oor 2 ruim en netjiese eenhede: Woonstel 1 en Woonstel 2.

Die eerste woonstel is ideaal vir familie of vriende en beskik oor 2 slaapkamers met aparte stort en toilet. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die leefarea is oopplan en het 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, 2 gemakstoele, 'n waaier en 'n platskerm-TV met 'n DStv-pakket. Daar is 'n Weber-braai, 'n braaipan en 'n drukkoker op versoek.

Die tweede woonstel is ideaal vir paartjies en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ingeboude kaste, 'n yskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n opwasbak, platskerm-TV met DStv en 2 gemakstoele in die woonstel. Let dat daar nie 'n stoof is nie.

Verskeie restaurante en winkels is stapafstand van die eiendom af en daar is groter winkelsentrums wat sowat 20 minute ver is. Strande en wynplase is ook te vinde binne 'n halfuurtjie se ry.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 201 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Melissa M
Saam met lewensmaat
5.0
Sal definitief terug wees. Mike is baie vriendelik en hou heeltyd kommunikasie, die woonstel is toegerus met alles wat mens nodig het, lekker groot en...
Sien meer
Nov 2024
Grea G
5.0
Clean, tidy and value for money. He had a great stay. The rooms were clean and tidy and the beds were really comfortable. Will definite...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Elsabé S
5.0
Baie lekker gebly. Kan die plek aanbeveel. Baie lekker gebly. Kan die plek aanbeveel.
Nov 2024
Ilze B
5.0
Definitief waarde vir geld. Ons het baie lekker gebly! Dit was absoluut waarde vir geld. Dit was baie netjies en skoon. Die host was baie vriendelik e...
Sien meer
Okt 2024
Fanie K
Saam met lewensmaat
5.0
Mike is 'n baie vriendelike en behulpsame persoon wat graag help en navraag doen. Ons het baie lekker gekuier. Die verblyf is ruim, beddens slaap geri...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Michael Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 201

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Heidelbergstraat 19, Panorama, Parow, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Peperboom het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 670
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 670
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidelbergstraat 19, Panorama, Parow, 7500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE5ZGYwZGQzLWY3N2QtNGQ3Mi04OWZiLTc0NDFkZWQ3MmVlOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R670 per nag, vir 2 mense 201 5 1 5 19 Heidelberg Street Panorama 7500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.87732 18.57523

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang