Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dolfyntjie

Selfsorg

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Hennie M
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Wonderlike verblyf. Die gasvrou was in die besonder baie behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jaco D
Kort verblyf
4.8
Jan 2021

Heerlik, ontspanne en elke sent werd! Sorgelose 6 dae deurgebring naby die see! Anita se gasvryheid was wonderlik, die fasiliteite is perfek vir 'n huis weg van 'n persoonlike woning, heerlik ingerig, netjies en skoon. Alles wat jy benodig vir 'n heerlike, ontspanne tyd word voorsien. En die lekkerste bed en beddegoed. Sal beslis weer kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Dolfyntjie
Jaco, baie dankie vir jou resensie, ons waardeer dit opreg. Ons ontvang julle graag enige tyd wanneerr julle weer wil kom kuier. Vriendelike groete, Dolfyntjie

Sonja M
Lang verblyf Saam met lewensmaat
3.4
Des 2021

Goeie oornagkamer bo-op garage. Ateljeewoonstel is misleidend. Nie vir langtermyn. Geen privaatheid. Moet by houttrap deur eienaar se braaigebied loop na kamer. Deel braaiplek, skadunetparkering, TV met eienaar. Nie selfsorg en nie geld werd. Het vroeër vertrek.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Anita
Dolfyntjie
Sonja, ons is regtig jammer om op so formele platform te verneem dat jy nie gelukkig was met die akkommodasie nie. Ons sou dit waardeer as julle eerder tydens een van die vele kere wat ons navraag gedoen het of alles reg is, en ons selfs aangebied om julle beddegoed te was of te vervang, julle toe eerder misnoë met ons gedeel het. Nie te min, geen van ons vorige gaste het enige klagtes gehad nie, dus dink ons ook nie die beskrywing is so misleidend as wat u nou maak nie. Selfsorg is baie duidelik gestel op die platform. Ons verstaan ook glad nie hoe julle privaatheid enigsins geskend is nie, aangesien dit selfs vir ons n baie hoë prioriteit is. Julle het geensins nodig gehad om deur die braai area te stap nie. U het versoek om addisionele fasiliteite van die eienaar te gebruik, wat ons gratis voorsien het, wat dit ongelukkig nodig gemaak het dat julle deur 'n deel van die gedeelde eiendom moet gaan om van sodanige addisionele fasiliteite te gebruik. Die direkte toegang, via die trappe op na die woonstel is direk van die parkering en gaan langs die gedeelde braai area verby. Soos reeds genoem, die woonstel word bemark as selfsorg, en dit is regtig jammer dat dit nie aan julle vereistes voldoen het nie. Ons kan nie kommentaar lewer oor jul vroeër vertrek nie, aangesien die redes duister is. Nie te min, baie dankie vir u bespreking en terugvoer. Dit sal sekerlik meer inligting aan toekomstige potensiële huurders verskaf.

Collette V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Jan 2018

Naby see. Dolfyntjie is 'n pragtige plekkie net om die draai van die netjiese strand. Anita is vriendelik en behulpsaam.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Anita
Dolfyntjie
Baie dankie vir jou terugvoer, ons waardeer dit opreg. Ons sal graag werk aan enige verbeterings wat julle sou voorstel. Groete, Dolfyntjie

Carlo L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Apr 2017

Ver verby bevredigend! Kan sterk aanbeveel. Sou graag vooraf wou geweet dat die see net om die hoek was en dat 'n goeie seekosrestaurant baie naby besoek kon word. Al wat ons van volpunte laat wegstap, is dat daar nie uitsig uit Dolfyntjie op die see is nie en dat ons nie 'n idee gehad het hoe veilig die motor buite 'n toesluitgarage sou wees nie. Is egter tevrede dat die motor veilig was. Sal Dolfyntjie weer kies as ons in daardie omgewing sou wou oorbly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Anita
Dolfyntjie
Baie dankie vir jou terugvoer Carlo, ons sal die beskrywing opdateer. Ek waardeer jou terugvoer. Groete, Dolfyntjie

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Anita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf R1 000
R1 000 R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
R1 000 R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbrasstraat 8, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRmMzFjMTEyLTAzMTgtNGQyYS04NTJjLWMzNzJjZjBjOGVjZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R850 per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 8 Steenbras Street Groot Brakrivier 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.049742891693 22.315618944775

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang