Durbanville Stay
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6A De Villiers-rylaan, Valmary Park, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R3 300 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Durbanville Stay is 'n gerieflike aparte woonstel op die eienaar se perseel in Durbanville, Kaapstad wat B&B-verblyf bied met ’n ligte ontbyt. Gratis WiFi is beskikbaar.
Dié eenheid is 120 m² en word gewoonlik as 'n geheel bespreek vir 4 tot 6 gaste. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oornagplek naby verskeie besienswaardighede. Dié dupleks is het sy eie ingang en bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is onder geleë en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, asook ’n lessenaar en kas. Die tweede en derde slaapkamer is bo en een het 'n dubbelbed wat in 2 enkelbeddens omskep an word en die ander kamer het 2 enkelbeddebs. Elke kamer het kaste en toegang tot 'n aparte, kleiner badkamer. Daar is ’n lessenaar in 1 van die kamers en ’n spieëlkas in die ander kamer. Daar is 'n aparte eetarea en nóg 'n kamer waar gaste kan TV met DStv-kanale kyk. Die woonstel het ook 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster, asook eetgerei en breekware vir 6 gaste.
Veilige, gratis parkeerplek is beskikbaar op die perseel.
Durbanville Stay is in 'n 5 km-radius vanaf die Stellenbosch Besigheidskool, verskeie wynplase, winkelsentrums, 'n gholfbane, perdewedrenbaan en 'n natuurreservaat en hospitaal geleë. Die Boer is ongeveer 2 km vanaf die woonstel. Daar is ook verskeie restaurante 1 tot 2,5 km van die woonstel af. Dit is ook nie te ver vanaf die volstruisplaas, krokodilplaas, Butterfly World, Giraffe House, Kaapstad se middestad nie. Dis naby Durbanville Preprimêr, laerskool en hoërskool, asook Fairmont Hoërskool (1,2 km tot 1,6 km), Curro Eversdal, Gene Louw en Stellenberg. Dis ook naby verskeie besighede in Durbanville en die Tyger Besigheidspark, wat dit perfek maak vir sakereisigers.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Jeanette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 45
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 6A De Villiers-rylaan, Valmary Park, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Durbanville Stay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 4
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6A De Villiers-rylaan, Valmary Park, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang