Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dwarslêbos

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Rocherpanstraat 21, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Dwarslêbos in Dwarskersbos in die Weskus is net 150 km van Kaapstad af en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n koningingrootte-bed, 'n instapkas, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer bied toegang tot 'n balkon met 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer is op die grondverdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, George Foreman-braaipan, yskas-vrieskas, broodrooster, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en strykgeriewe. Basiese skoonmaakprodukte word voorsien.

Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, 2 stoele, 2 enkelbeddens en 'n TV met DStv-kanale, WiFi, Netflix en 'n radio.

Op die toe stoep is 'n binnebraai en eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste, sowel asook gemakstoele. Daar is oopskuifdeure na die tuin vanaf die stoep wat 'n see-uitsig het. Buitebraaigeriewe is ook beskikbaar.

Die strand is 75 m van die voordeur af. Daar is 2 onderdakparkeerplekke.

Gaste kan die see-uitsig vanaf die stoep, leefarea, kombuis en boonste slaapkamer geniet.

Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Let asb. dat tariewe per persoon is en slegs die aantal mense waarvoor daar bespreek is mag op die perseel bly.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Esme G
Saam met lewensmaat
5.0
Dwarskersbos is die perfekte plek vir 'n baie rustige en veilige kuier. Tweede keer by Dwarslêbos en sal definitief weer teruggaan. Huis is baie goed ...
Sien meer
Nov 2024
Jana M
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en siels-kos. Ons sal Dwarslêbos vir seker aanbeveel vir enige iemand wat 'n rustige naweek soek om bietjie vir die siel kos te gee. Die plekki...
Sien meer
Nov 2024
Charl H
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike ontspanning en ontsnap van die stad se rat-race. Was al vantevore hier, groot rede vir die terugkeer. Huis is naby die eindpunt van Dwarskers...
Sien meer
Okt 2024
Martie S
Saam met lewensmaat
5.0
Die see uitsig en natuurskoon is net wat die siel nodig het. Sonya se gasvryheid was 'n riem onder die hart. Ons het verskriklik lekker gekuier en sal...
Sien meer
Sep 2024
Theresa V
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing and special. What a wonderful place to get away from the hustle and bustle of everyday life. We were welcomed with open arms, ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sonya Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Rocherpanstraat 21, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dwarslêbos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Rocherpanstraat 21, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAba4f53b7c81a8ee463401c02a8fa18fe7f47ec3f36e35b7996afa6c6c5d7ae54a4149ddb9d5ac0c4a77fedfacf5c27678e5d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense 59 5 1 5 21 Rocherpan Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 12:00 -32.681548415391 18.245513346067

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang