Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eden Eco Cottages

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Manie W
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2024

Ongelooflik en wonderlik. Wat 'n ongelooflike plek. Wonderlike en gemaklike verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Conrie C
Kort verblyf
5.0
Jul 2023

Dit was 'n belewenis, die mooiste uitsigte en natuurskoon, hoogs voorgestelde verblyf. Een van die mooier plekke waar ons al tuisgegaan het. Natuurskoon, wild, uitsig en pragtige huis was van die beste. André het net die beste gedoen om ons lekker verblyf te verseker. Wat 'n goedhartige mens, 10 uit 10.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Guy M
Kort verblyf
5.0
Sep 2019

Stunning views from a wonderful home. My family and I stayed at Eden Eco Cottages for a long weekend. A wonderful home indeed, with beautiful views from the verandah and most of the bedrooms. The estate is great, with various buck and zebra to be seen, and even a mongoose visiting the home on occasion. Very peaceful, too - a perfect escape from the city bustle.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karen T
Lang verblyf
4.4
Jan 2019

Heerlike verblyf goed toegerus in rustige natuurryke omgewing. Hierdie verblyf was baie aangenaam en hoewel dit redelik vêr van die strand af is, is daar baie ander pluspunte - soos die natuurlike klowe, verskeie boksoorte en sebras, wat gereeld gesien word, asook besondere ryk voëllewe. Dis boonop uiters veilig en rustig om al die wonderlike staproetes te doen en op die toegangsroetes te draf. Die uitbreiding word baie goed bestuur en alles is netjies, selfs die plankpaadjies en piekniektafels by die uitkykpunt. Ons was ook verras deur die goeie toilet- en stortfasiliteit by die uitkykpunt, wat uitkyk oor die pragtige strandgebied. Hierdie is selfs meer as wat Boggomsbaai kan sê, waar daar geen sulke fasiliteite naby die swemstrand beskikbaar is nie. Oor die algemeen is die verblyf hier, aan te beveel vir mense wat soek na `n rustige, landelike atmosfeer (die huise is so uitgelê dat mens glad nie bewus is van jou naaste bure nie)! Ons sal EdenEco Cottages Springerbaai beslis weer besoek! Dankie.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marie-louise B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2018

Pragtige uitsig. Ons het ons naweek in die huis in Springerbaai baie geniet. Goed toegeruste huis. Rustige omgewing met 'n pragtige see uitsig. Ons sal definitief die woning weer huur.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Althea
Eden Eco Cottages
Regtig bly julle het dit geniet Marie-louise, Andre

Cp C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2017

Baie rustig, afgesonder, veilig en mooi! Baie lekker ligging en veilig vir die kinders. Goeie diens van beide LekkeSlaap en die eienaar Andre Nel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Althea
Eden Eco Cottages
Baie bly julle het dit geniet.

Karlien D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2017

Wonderlike huis en 'n rustige omgewing. Ons het onmiddellik tuis gevoel in die ruim huis en my kinders het die solderkamer só geniet - dit sommer in 'n speelplek omskep. Die ligging en natuurskoon is manjifiek en bied 'n uitstekende ontsnap van die stadslewe. Ons het so veilig, privaat en geliefd gevoel soos ons na die wild en diere gekyk het op die pad van die hek tot by die huis, en die groot oop spasies om die huis en die see-uitsig van die agterstoep en hoofslaapkamer af is pragtig. Die kinders was ook gek oor die plankpaadjie van die ongerepte strand af tot by Springerbaai. Vleesbaai en Boggomsbaai is baie naby as jy op soek is na die tipiese son-en-sand-strand. Die huis het alles wat ons nodig gehad het: kombuis, braai, oorgenoeg beddegoed, handdoeke en drie badkamers om van te kies, so ons het regtig al die tyd en plek in die wêreld gehad om te ontspan. Ek wens ons kon nog 'n week of twee gebly het!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Althea
Eden Eco Cottages
We are very glad you have enjoyed your stay at Ocean View Cottage.

Nadia D
Kort verblyf
4.4
Jan 2017

Rustige area. Baie lekker gebly. Rustige area en veilig.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ronel S
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Des 2017

Rustig en vredevol. Perfekte plek om te rus, mooi natuurskoon, veilig vir stap, ons het lekker gerus. Baie dankie.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Monique H
Lang verblyf
4.0
Jan 2017

Waar wild en see ontmoet. Wat 'n ongelooflike voorreg om die see en wild in een te kon sien en te waardeer. Heerlik stil, privaat en veilig. Ons het baie lekker gekuier, ouma en oupa was saam. Ons het almal die vakansie lekker uitgerus.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Althea
Eden Eco Cottages
On sis baie bly julle het dit geniet.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Althea Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R2 385
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 385
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springerbaai 33, Boggomsbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb317f63ab5c3567ea8d7cd1e02a868d12df620024c62d52d60022fffbf82bf82c70581a12d8e677e0b5430de8be272b6ddec?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 385 per nag (plek vir 6) 11 5 1 5 33 Springerbay Boggoms Bay 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-23:00 10:00 -34.252662815005 21.916606128216

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang