Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Egret Way

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 15
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Egret-straat 3, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R995 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Egret Way bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim woonstel op die boonste verdieping met 'n privaat ingang. Dis op 'n residensiële erf waar die eienaars woon geleë. Let daarop dat daar trappe is wat na die woonstel lei. Die woonstel is in Table View en dis 2,2 km vanaf die strand en het toegang tot plaaslike winkels en restaurante.

Die smaakvol versierde woonstel beskik oor 'n en suite-slaapkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die koninggrootte-bed kan in 2 enkelbeddens omskep word. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, koffiemasjien, oond, stoof, mikrogolfoond, glase, kombuisgereedskap en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die leefarea het lugversorging en 'n TV met Netflix. Daar is ook onbeperkte WiFi in die woonstel. Badhanddoeke word voorsien en daar is 'n boekie met ekstra inligting, kontakbesonderhede en plaaslike besienswaardighede in.

Die sitkamer bied toegang tot 'n groot stoep met draagbare braaigeriewe. Die woonstel het 'n aparte ingang vanaf die hoofhuis en gaste het toegang tot parkeerplek vir 'n klein voertuig op die perseel. Die Rietvlei Natuurreservaat is 900 m vanaf die woonstel en dis ideaal vir voëlkyk. Gaste kan van die MyCiTi-busdiens in die straat gebruik maak, 1 van die 3 winkelsentrums in die omgewing besoek of 'n dag op Blouberg se strand spandeer.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Daniella Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 24

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Egret-straat 3, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Egret Way het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 995
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 995
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 15
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Egret-straat 3, Flamingo Vlei, Table View, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1FwlNvV18HLWUPdeHSOZJRqyJ2aGK6LszN3Xh01dAyTpilD2OP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R995 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 3 Egret Street Flamingo Vlei 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.830501219479 18.49132763864

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang