Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Egweni River Lodge

  • Kapasiteit: 29 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Coller-straat 2, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Egweni River Lodge is op die oewer van die pragtige Vaalrivier in Parys. Die lodge bied gerieflike verblyf en geriewe vir konferensies, jaareindfunksies en troues. Gaste kan heerlike ontspan met ’n uitsig oor die rivier.

Verblyf word in 9 standaardkamers en 3 rivier-eenhede gebied. Dis ideaal vir ’n gesinswegbreek, sakereis, of troue. Elke standaardkamer het ’n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. Die executive rivier-eenhede is ruim en elkeen het ’n privaat stoep met ’n groen terras en die Vaalrivier by die voordeur. Party van die rivier-eenhede het ’n kombuis, leef- en eetarea.

Die lodge het 'n gemeenskaplike swembad, ’n lieflike kapel vir troues en ’n konferensie-venue wat 4 tot 25 mense kan akkommodeer. Die prentjiemooi natuur, pragtige tuine en rivier maak dit die ideale wegbreek vir roetine-vergaderings. Daar is ook 'n vriendelike span wat gewillig is om te help met beplanning, of dit nou 'n verjaarsdagpartytjie, henne- of rampartytjie is, die unieke venue en vriendelike personeel sal help om dit alles af te rond.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 48 resensies

Goed

Netheid
3.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.8
Veiligheid
3.8
Gaste se hoogtepunte
Erika H
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike etes uit die restaurant. Puik diens ontvang van die ontvangsdame. Baie lekker gebly. Skoon, netjies en ruim.
Nov 2024
Theresa G
Saam met vriende
5.0
Die kuier was heerlik, baie vriendelike behulpsame personeel. Die kuier by Egweni River Lodge was heerlik. Die diens by die restaurant was uitstekend.
Nov 2024
Marguerite G
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful, relaxing, and excellent value for money. Seamless check-in, beautiful accommodation, and a stunning view of the Vaal. I woul...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Allie V
5.0
Ek het baie lekker gebly dankie. Ek het verskriklik lekker gebly.
Des 2023
Derna K
Saam met vriende
5.0
Fantastic reception. Friendly and very accommodating. Great location on the Vaal.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Ben Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 48

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Van Coller-straat 2, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Egweni River Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Coller-straat 2, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7sg4VESI1gv8OKh5mbKXEi3FwYtl1LVYSbUmjZCHSp0fEN9kjp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 48 5 1 4 2 Van Coller Street Parys 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.901811040256 27.446735673611

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang