Elandsbay Seaview
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat 9, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Elandsbay Seaview is ideaal op die seefront van Strandstraat in Elandsbaai in aan die Weskus geleë. Dit bied gerieflike verblyf in 'n selfsorghuis wat troeteldiervriendelik is en pragtige sonsondergang-uitsigte oor Bobbejaansverg en die see bied, met die see net 30 m weg.
Die huis het 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, met ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met ’n toilet, wasbak en bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n ingeboude kas. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n ingeboude kas. Daar is 'n tweede badkamer beskikbaar. Daar is 'n stort in die tweede badkamer.
Die vierde slaapkamer is aan die agterkant van die huis met ’n privaat ingang met 1 enkelbed en ’n toilet en wasbak.
Die leefarea het ’n dubbelslaapbank en ’n bank vir 3 gaste. Om Netflix of DStv te geniet moet gaste hul eie kode of intekenbesonderhede gebruik, maar die app is reeds vir gebruik op die TV afgelaai. Gratis Netflix en DStv word nie voorsien nie. Die kombuis is met 'n yskas, vrieskas, elektriese stoof, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Bykomend is daar 'n gasstofie wat tydens beurtkrag gebruik kan word. Handdoeke word nie voorsien nie, maar linne wel.
Die huis het 'n binne- en buitebraai-area met braaigeriewe, onbeperkte WiFi, lugversorging (slegs in die leefarea en hoofslaapkamer) en oorgenoeg parkeerplek in die straat en op die perseel.
Daar is plaaslike kroeë, restaurante, hotelle en winkels stapafstand van die huis af.
Elandsbaai is 'n branderplankryer se droom met 'n spul aktiwiteite in en om die area, insluitend branderplankry, stap en fietsry in die berge, visvang, kreefuik, voëlkyk en waslviskyk. Besoek die Koi-San Bosemangrot vol rotstekeninge, geniet die blomseisoen of verken die buurdorpies soos Redelinghuys, Leipoldtville, Lambertsbaai, Clanwillian, Velddrif en Aurora, wat almal binne 'n radius van 75 km is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Albert Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Strandstraat 9, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
- Gaste dink Elandsbay Seaview het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Elandsbaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandstraat 9, Elandsbaai, 8110, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang