Eudaimonia
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Mariana Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 58
Op LekkeSlaap 5 jaar
Opsomming van Resensie
Beverley B - Mei 2024
Algehele gradering
Die blyplek is soos sonskyn op 'n koue wintersdag.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie. Julle het as gaste hier gekom en as vriende vertrek. Hoop ons kan mekaar weer eendag sien as julle in ons geweste kom.
Norman T - Mei 2024
Algehele gradering
Good value for money.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie vir die 5 sterre. Was lekker om julle te ontmoet.
Thys B - Apr 2024
Algehele gradering
Rustig stil en netjies.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie vir julle terugvoering. Lekker gewees om julle te kon ontmoet. Julle was regtig 5-ster gaste.
Matty B - Feb 2024
Algehele gradering
Fantastiese gasvrou en heer en 'n pragtige woonstel in 'n natuurskone dorpie.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie vir jou gloeiende terugvoering, Matty Brand. Julle is die tipe gaste wat ons met ope arms sal terugverwelkom.
Heinrich W - Mei 2024
Algehele gradering
Uitstekend en baie geniet.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Ek waardeer dit baie.
Claudia B - Jan 2024
Algehele gradering
Die kuier was aangenaam.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Claudia, baie dankie vir die terugvoering. Jy het my aandag daarop gevestig dat mense dalk die mikrogolf kan interpreteer as 'n kosmaak fasiliteit. Ek gaan die beskrywing op my webbladsy verander. Baie lekker om julle te kon ontmoet.
Penelope V - Des 2023
Algehele gradering
It was relaxing, wonderful and in a great neighbourhood.
Eudaimonia se terugvoer
It was a pleasure to meet the two of you and get to know you better. Thank you for your valuable feedback.
Estelle L - Okt 2023
Algehele gradering
Ek het vir my en my dogter wat 40 geword het, bespreek in Eudaimonia om haar bekend te stel aan die mooie Greyton. Marianne het vooraf moeite gedoen met restaurantinligting en verkeersinligting om ons naweek suksesvol te maak. By aankoms is ons hartlik ontvang deur Marianne. Ons eenheid was gevul met heerlike vars vrugte, jogurt en melk in die yskas en 'n verskeidenheid tee en koffie om van te kies, en boonop 'n geskenkie vir my dogter se verjaardag, gemaak deur die beste chocolatier van hierdie omgewing.
Lees meerEudaimonia se terugvoer
Ek het nie woorde om vir jou genoeg dankie te sê vir hierdie gloeiende terugvoering nie. Hoop ons paaie kan weer eendag kruis.
Careen V - Sep 2023
Algehele gradering
Goeie waarde vir geld en baie behulpsame eienaars.
Lees meerEudaimonia se terugvoer
Dis wonderlike om sulke positiewe terugvoering te kry na julle die naweek letterlik deur die modder gesleep is. Julle is voorwaar baie brawe jong mense wat die storms en die dorp se kragonderbreking kon hanteer sonder om 'n enkele keer te kla. Ons wens julle sommer nog baie fietswedrenne met net goeie weer en baie sonskyn toe.
Catherine J - Aug 2023
Algehele gradering
More than what I expected, just fabulous.
Eudaimonia se terugvoer
Thank you for your glowing feedback. It is always gratifying to know that one's guests enjoy staying here and feel safe. Would love to welcome you again.
David H - Aug 2023
Algehele gradering
Very comfortable accommodation. Friendly host.
Eudaimonia se terugvoer
Thank you very much for the positive feedback and 5star grading. Was lovely meeting two fellow nature lovers.
Bernhard N - Aug 2023
Algehele gradering
Heerlik rustig.
Eudaimonia se terugvoer
Julle is mense so na my hart wat nie TV nodig het nie. Ons is na 5 jaar nog steeds bewus van en dankbaar vir die pragtige omgewing waarin ons woon. Kom kuier gerus weer.
Garry W - Jun 2023
Algehele gradering
A comfortable and cosy place to unwind with stunning mountain views.
Eudaimonia se terugvoer
Most gratifying to get such wonderfully affirmative feedback. Thank you so much.
Johan K - Mei 2023
Algehele gradering
Wonderlike slaapplek in 'n wonderlike dorpie.
Eudaimonia se terugvoer
Wat kan ek sê, baie dankie vir die terugvoering. Ek waardeer dit meer as wat julle ooit sal besef. Dit was baie lekker om julle te ontmoet.
Van Zyl D - Feb 2023
Algehele gradering
Baie aangename gasvrou. Gerieflike verblyf in 'n stil straat.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie vir die gunstige terugvoering. Dit was heerlik om julle te kon leer ken. Hoop ons paaie kruis weer eendag.
Bruce W - Feb 2023
Algehele gradering
Lovely space.
Eudaimonia se terugvoer
Thank you Bruce, for your kind words. I really appreciate it.
Elmarie M - Jan 2023
Algehele gradering
Lieflik, lig en skoon met vrugte en beskuit. Aangename eienaars.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Elmarie, baie dankie vir jou resensie. Ons sal julle graag weer wil ontvang.
Lee W - Jun 2022
Algehele gradering
Great stay, peaceful.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Lee. Thank your for the five stars. You were also a five star guest. Hope we see you again in future.
Annette V - Nov 2022
Algehele gradering
Heerlike verblyf in 'n pragtige dorpie.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Annette, Baie dankie vir jou terugvoering, veral oor die trappe en die 5 sterre wat jy ons gegee het. Op die webbladsy noem dit dat dit 'n solderkamer is, met die implikasie dat daar trappe sal wees. Daar is ook 'n foto waarop mense kan sien dat daar trappe is. Ek gaan nogtans my inligtings-bladsy verander en spesifiek noem dat daar trappe is. Baie groete van ons albei.
Lezanne V - Okt 2022
Algehele gradering
Perfekte solderwoonstel in Greyton.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Lezanne, as daar 'n plek was waar ek vir gaste kon punte gee sou julle volpunte kry. Wat 'n voorreg om julle te kon ontmoet. Sien uit na ons volgende ontmoeting. Groete uit Greyton.
Heleen V - Okt 2022
Algehele gradering
Wonderlike wegbreek-naweek bestemming.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Heleen,
Dankie vir jou terugvoering wat ek baie waardeer. Dit is altyd lekker om gaste soos julle te ontvang wat die omgewing geniet en toon dat hulle lekker in die kamer gebly het. Net jammer ek het geen beheer oor die weer toestande nie, anders sou elke dag 'n windvrye en sonskyn dag wees. Baie groete en kom loer gerus in al is julle net vir 'n vinnige besoek in Greyton.
Hennie L - Sep 2022
Algehele gradering
Vriendelike diens met uitsonderlike verblyf.
Lees meerEudaimonia se terugvoer
Hallo Jan en Erika - Jul gloeiende terugvoering oor jul verblyf by Eudaimonia, moet ek erken, laat my skoon sprakeloos! Baie dankie daarvoor - dit beteken ontsettend baie vir my om te weet dat julle dit geniet het en dat alles vir julle na wense was. Julle is enige tyd welkom om weer hier te kom bly! Baie groete uit Greyton. Mariana (en al die Hadidas).
Zenobia G - Aug 2022
Algehele gradering
Absoluut 5-ster.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Zenobia, Baie dankie vir die 5 ster terugvoering. As my gaste gelukkig is, dan is ek ook gelukkig. Dit was so lekker om jou te ontmoet en ek het veral ons stappie in die berg baie geniet. Alle voorspoed vir jou en jou fotografie. Party mense vertrek as kennisse - ander as vriende. Jy val beslis in die vriende groep.
Marlon T - Jun 2022
Algehele gradering
Aangename en lieflike verblyf en gasvryheid!
Lees meerEudaimonia se terugvoer
As my gaste gelukkig is, dan is ek gelukkig. Baie dankie vir hierdie terugvoering. Hoop om julle weer binnekort te sien.
Ari S - Mei 2022
Algehele gradering
Cosy hideaway.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Ari,
Thank you very much for your complimentary comments. Lovely meeting you even if it was brief. I trust we will see you again in the future.
Regards from Greyton.
Pieter M - Apr 2022
Algehele gradering
Eudaimonia was gerieflik, vriendelik, gasvry en het ons dadelik welkom en soos familie laat voel.
Eudaimonia se terugvoer
Hallo Pieter, ek is so bly om te hoor julle het jul tydjie hier geniet. Greyton se rustigheid is wat ons oortuig het om destyds die stad te verlaat en hier te vestig. Ons sien uit daarna om julle weer te verwelkom. Baie groete.
Bianca B - Feb 2022
Algehele gradering
Gasvryheid en mooi uitsig op berg.
Eudaimonia se terugvoer
Hallo Sharon
Baie dankie vir die 5 sterre - dit word baie waardeer. Ek sien daarna uit om julle weer te verwelkom.
Vriendelike groete,
Mariana
Jeanette R - Mrt 2022
Algehele gradering
Very spacious, private and friendly host.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Jeanette,
We would love to welcome you back. So glad you enjoyed the patio, as not all guests make use of it. After all you have the best views of our beautiful mountains from there. Go well and thank you for the feedback.
Regards, Mariana.
Nicolaas P L - Aug 2022
Algehele gradering
Was aangenaam om die dorp te sien en mense is baie vriendelik.
Josua S - Des 2021
Algehele gradering
Baie nice plek in 'n great dorp!
Thea M - Des 2021
Algehele gradering
Baie aangenaam. Ons sal weer daar bespreek.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie julle, dis altyd lekker om sulke terugvoering te kry. Sien uit daarna om weer met julle te gesels.
Carin S - Okt 2021
Algehele gradering
Ons het vir die naweek gebly vir die Brewery2Brewery.
Gabriele C - Sep 2021
Algehele gradering
Very pleasant stay.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Gabriele,
I apologize for only replying now.
Had a few hiccups with my computer.
It was lovely to meet you.
Trust we will see each other in the future again, even if you only stop for a cup of coffee.
Go well.
Elmien H - Jun 2021
Algehele gradering
Baie lekker
Eudaimonia se terugvoer
Hallo Elmien,
Baie dankie vir die terugvoering. Dit was net so lekker om julle te ontmoet, dit het omtrent gevoel of ons mekaar al lank ken.
Baie groete, Mariana.
Renier C - Apr 2021
Algehele gradering
Hemels!
Eudaimonia se terugvoer
Julle is sulke gemaklike mense so vir ons voel julle ook soos familie. Dit was heerlik om julle weer te sien.
Anna-marie S - Apr 2021
Algehele gradering
Baie lekker gekuier. Pragtige plek.
Eudaimonia se terugvoer
Hello Anna-marie. Dit was lekker om julle te ontmoet en baie dankie vir die terugvoering. Die rede hoekom ons nie 'n TV het nie is juis om mense aan te moedig om die dorp en omgewing te verken. Die boonste dek vir die gaste is daar sodat hulle saans daar kan sit en ontspan terwyl hulle na die sterre kyk en na die naggeluide luister. Terloops, ons het self nie 'n TV konneksie in die huis nie.
Joep J - Des 2021
Algehele gradering
Lekker, baie knus plekkie.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoering. Dit was baie lekker om julle te ontmoet.
Nicolene E - Nov 2021
Algehele gradering
'n Pragtige naweek in Greyton.
Eudaimonia se terugvoer
Ek is bly julle het die naweek hier geniet. Baie dankie vir die terugvoering, ek waardeer dit baie.
Melinda V - Okt 2021
Algehele gradering
Fantastiese ligging, stap na alles, rustig, natuurskoon.
Eudaimonia se terugvoer
Dit was lekker om jou te ontmoet. So bly jy het gebruik gemaak van die staproetes wat almal binne loopafstand van ons huis is.
Buddy D - Des 2021
Algehele gradering
Vriendelike ontvangs. Mooi met pragtige uitsig.
Eudaimonia se terugvoer
Hello julle, Baie dankie vir die terugvoering. Ja die trappe mag vir ouer persone 'n probleem wees maar gelukkig het julle nie in daardie kategorie geval nie. Ons hoop om julle weer eendag te sien.
Baie groete, Mariana
Chris B - Aug 2021
Algehele gradering
Most enjoyable.
Eudaimonia se terugvoer
Rather late than never.
Thank you for staying at Eudaimonia.
Yes, indeed we had terrible weather that weekend.
So good to hear that at least you enjoyed the electric blanket.
Uys T - Nov 2020
Algehele gradering
Lekker romantiese plekkie.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie vir die gradering. Dis vir ons 'n voorreg om ons omgewing met ander mense te deel. Die ontmoeting met julle was vinnig maar baie aangenaam. Hoop om julle weer eendag te sien, selfs al kom loer julle net in vir 'n koppie koffie.
Renier C - Nov 2020
Algehele gradering
Was heerlik.
Eudaimonia se terugvoer
Julle is sulke gemaklike mense, het gevoel of ons julle ook al lankal ken. Kom gerus weer inloer. Ons sal julle graag weer wil sien. Hopelik kan ons na lockdown 'n behoorlike braai laat bou. Julle kan dit vir ons kom inwy.
Billy M - Okt 2020
Algehele gradering
Baie baie lekker.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie vir die wonderlike terugvoering. Hoop ons sien julle weer in die toekoms.
Martin K - Okt 2020
Algehele gradering
Ons het presies gekry waarna ons gesoek het! Rustige verblyf weg van die besige hoofstraat.
Lees meerEudaimonia se terugvoer
Ons voel vreeslik gevlei - baie dankie vir hierdie terugvoering. Party mense kom hier as vreemdelinge, maar vertrek as vriende. Selfs al kom julle net vir 'n dagbesoek na Greyton, kom loer gerus in. Hier is altyd koffie.
Ronel V - Sep 2020
Algehele gradering
Rustig, vriendelike mense, mooiste dorpie!
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie dat julle ons volpunte gegee het. Die verwysing na Greyton is baie relevant en grootliks die rede hoekom ons hierheen verhuis het, ook omdat ons van ons huis kan stap na die vele bergpaaie rondom Greyton. Dit was heerlik om julle te ontmoet en ons sien uit na julle volgende kuier in Greyton.
Ryan V - Aug 2020
Algehele gradering
Very nice.
Chantal K - Feb 2020
Algehele gradering
Uitstekende verblyf, netjies en skoon.
Lees meerEudaimonia se terugvoer
So jammer ons was uitstedig en kon julle nie self ontmoet nie. Baie dankie vir die terugvoeringm dit word baie waardeer.
Henk K - Feb 2020
Algehele gradering
Twee woorde: fun-tasties.
Eudaimonia se terugvoer
Dit was heerlik om 2 sulke avontuurlustige jong mense te ontmoet. Ons sien daarna uit om julle weer terug te verwelkom. Geniet al julle reise.
Wayne L - Okt 2020
Algehele gradering
Eudaimonia is beautiful. Be aware it is neither a bed and breakfast, nor a true self catering.
Eudaimonia se terugvoer
Lovely meeting you and I am delighted that you find the place so pleasing. You may not have noticed that the unit is not self-catering and the microwave is only for heating purposes. We do have Wi-Fi, but unfortunately reception in Greyton is generally not very good because of our location.
Eugene E - Nov 2020
Algehele gradering
Rustigheid vanself
Eudaimonia se terugvoer
Dit was lekker om julle te ontmoet. Baie dankie vir die terugvoering.
Theo S - Okt 2019
Algehele gradering
Lovely, clean and value for money.
Eudaimonia se terugvoer
Ek waardeer werklik die kompliment. Baie dankie.
Charles K - Sep 2019
Algehele gradering
Hemel op aarde.
Eudaimonia se terugvoer
Ek moet vir julle dankie sê.
Julle het die kamer so netjies gelaat dat dit gelyk het of ek nie vir die volgende gaste hoef reg te maak nie. Sal julle graag weer hier wil sien.
Thomas R - Sep 2019
Algehele gradering
A wonderful weekend with Marianna and Bert at Eudaimonia.
Eudaimonia se terugvoer
Good day Thomas,
Thank you very much for your favourable review.
Daniel T - Mrt 2019
Algehele gradering
Die ideale plek om heen weg te breek van die stadsrumoer.
Eudaimonia se terugvoer
Dis was 'n absolute genot om julle by Eudaimonia te ontvang. Die lewendige tjello uitvoering was vir ons 'n bonus.
Ons sien uit daarna om julle weer te sien.
Jeanette B - Okt 2019
Algehele gradering
A lovely, comfortable room with a practical little kitchenette.
Eudaimonia se terugvoer
Baie dankie Jeanette. Dit was lekker om julle te ontmoet.
Liz H - Mrt 2019
Algehele gradering
Very restful.
Eudaimonia se terugvoer
Thank you very much. Looking forward to seeing you again.
Hanneke C - Sep 2019
Algehele gradering
Baie aangename verblyf in Greyton, stapafstand van die winkels en natuurreservaat.
Eudaimonia se terugvoer
Goeie dag Hanneke,
Dit was baie lekker om jou as 'n gas te ontvang. Hoop ons paaie kruis weer vorentoe.
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 93, Greyton, 7233, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang