Eudaimonia
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 93, Greyton, 7233, Wes-Kaap
- Vanaf R790 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Eudaimonia is in 'n rustige woonbuurt in Greyton, 'n bekoorlike dorpie in die Overberg-streek van die Wes-Kaap. Die prentjiemooi dorpie word gekenmerk deur sy pragtige tuine, grasdak-kothuise en gerestoureerde historiese geboue.
Verblyf is beskikbaar in 'n gastekamer in die solder van die eienaar se huis. Dit is toegerus met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Ander geriewe sluit 'n yskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe (filterkoffie, kitskoffie, tee, suiker en melk), elektriese kombers, gehalte-linne en toegang tot WiFi in. Handdoeke en toiletgeriewe is ook ingesluit.
Die daktuin het 'n pragtig uitsig op die berge en is uitsluitlik vir gaste se gebruik.
Die eenheid het 'n privaat ingang en word bereik d.m.v. houttrappe. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.
Die eiendom word deur sonkrag aangedryf, en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.
Besienswaardighede in die omgewing sluit die Greyton Natuurreservaat, Boesmanskloof-voetslaanroete, Glen Oaks 4x4-roete, Greyton Markie en 'n verskeidenheid van restaurante in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Mariana Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 63
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Hoofweg 93, Greyton, 7233, Wes-Kaap
- Gaste dink Eudaimonia het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 93, Greyton, 7233, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang