Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Finistere

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Finistere is in L'Agulhas en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, aktiwiteite en besienswaardighede.

Dié eiendom met sonkrag bied verblyf in 2 woonstelle in 'n trippelverdiepinghuis en spog met 'n uitsig oor die Indiese Oseaan en die bekende vuurtoring.

Die eerste eenheid is op die grondverdieping en het slaapplek vir 2 volwassenes en 'n kind. Dit het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n kombuisie met 'n mikrogolf, tweeplaatgasstoof, 'n yskas en koffie- en teemaakgeriewe. Dit is ideaal vir verhit-en eetgeriewe. Die onderdakstoep bied lieflike braaigeriewe met 'n tafeltjie met 2 stoele. Parkeerplek is op die grasperk voor die woonstel.

Die tweede woonstel is op die derde verdieping, het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers.

Elke kamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamers bied oorgenoeg kasruimte. Die ruim leefarea het gemaklike sitplek en 'n slaapbank, en die kombuis is volledig met 'n tweeplaatgasstoof, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die leefarea lei na 'n onderdakbalkon met 'n pragtige uitsig oor die see. Die woonstel het ook 'n binnebraai met vlekvrye staaldeure. Die eenheid word bereik deur 'n stel trappe bereik.

Die 2 eenhede word apart verhuur.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marieta V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik rustig en stil. Sal plek aanbeveel vir enige persoon. Alles is daar wat mens nodig het. Skoon en netjies. Binne braai so jy kan enige tyd ...
Sien meer
Sep 2024
Meaghan D
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike verblyf en vriendelik ontvangs. Dit is my tweede keer by Finistere en dit bly 'n aangename ervaring. Rustig, skoon, behulpsame gasvrou en v...
Sien meer
Feb 2024
Gerrit H
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Baie lekker gebly. Die uitsig is fantasties en daar is alles wat mens benodig. Die eienaars is vriendelik en hulpvaardig. Die uitleg van d...
Sien meer
Jan 2024
Meaghan D
5.0
Sprokie mooi. Warm, vriendelike ontvangs deur die dame wat daar werk, definitief 'n aanwins. Sy was baie behulpsaam. Eienaars was altyd beskikbaar as ...
Sien meer
Okt 2023
Nadeem B
Saam met lewensmaat
5.0
This is my second time at Finistere and certainly not my last. The accommodation fulfilled all my expectations. The host was very kind ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Roda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
  • Gaste dink Finistere het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golfstraat 10, L'Agulhas, 7287, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAT0hguSMq4XXnLFvc4JodnvvKFY0b9ako3ZiqCbNFc0zqZQWGcF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 42 5 1 5 10 Golf Street L'Agulhas 7287 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.82672297218 20.009090388899

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang