Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Forest Cove

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Forest Cove, geleë in die hartjie van die groen Knysna-woud, bied lieflike oornagverblyf waar voëllewe floreer, en rustigheid in oorvloed is. Dit is gerieflik reg langs die Knysna-strandmeer geleë en bied asemrowende uitsigte en maklike toegang vir rustige wandelings langs die waterfront.

Dié eiendom bied gaste 'n keuse van 2 oopplan-kothuise wat elk 2 gaste op 'n slag kan akkommodeer. Albei eenhede is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Verder het elke eenheid 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, broodrooster, yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan ontspan in die sitarea wat ook 'n TV met Openview-kanale het. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Tydens beurtkrag het die eiendom 'n rugsteunkragopwekker.

Buite het gaste 'n privaat tuinruimte met buitesitplek en braaigeriewe. Gaste kan in die pragtige tuine met 'n oggendkoffie ontspan terwyl hulle luister hoe die voëls sing. Wat hierdie eiendom ook meer aanloklik maak, is die nabyheid aan die bedrywige Knysna-dorp en die waterfront.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Eugene Angus V
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike plekkie, ongelooflike gasheer. Baie beslis 1 van my gunsteling wegbreekplekkies.
Sep 2024
Chris K
Saam met lewensmaat
5.0
Recommended! Great - Tine welcomed us like old friends! The room was well appointed and very comfortable. Knysna is very close and this...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Jasper V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Elke oomblik in die natuur met die voëllewe geniet.
Jul 2024
Erika B
5.0
Hierdie plekkie is nou my "go-to" stop vir kuiers in Knysna. Net groot genoeg. Lekker sentraal. Skoon en gasvry.
Jun 2024
Johan O
Saam met lewensmaat
5.0
Great stay - friendly service. We had a great time here, and the hostess made us feel welcome.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Tine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Hoofstraat, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Forest Cove het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0fc4650d639a31777f282bcbdf9831e7f9693c59bb8063a51da51483ee3f3edbcf0837abb3efb39bb39290235eb02f1fbf88?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 17 5 1 5 Main Street Knysna 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.037264820941 23.014721837081

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang