Frida On The Beach
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sands-weg 71, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Vanaf R1 850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Frida On The Beach is 'n selfsorgwoonstel langs die gesogte strandfront in Wildernis. Hierdie verblyf is deel van, maar apart van die hoofhuis, en het direkte toegang tot die strand, wat dit ideaal maak vir 'n paartjie, enkel- of sakereisigers.
Dié eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en beskik oor 'n oopplan-slaaparea en 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste, en die badkamer het 'n stort en 'n verhitte handdoekreling. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, ketel en yskassie toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke, sowel as 'n slim-TV teen die muur. Die deure van die sitkamer en slaapkamer lei na 'n privaat, sonnige balkon met 'n etenstafel, 2 stoele en berguitsigte. Gratis WiFi is beskikbaar, asook 'n omsetter in geval van kragonderbrekings.
Daar is 'n esktra privaat stoep met lieflike see-uitsigte, 'n ingeboude braai, wasbak en 'n ekstra etenstafel met 2 stoele. Trappe lei af na die ingangsportaal met 'n waterfontein. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar, en gaste is stapafstand van die dorpie Wildernis, met verskeie restaurante, kroeë, markte en winkels.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Carene Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 28
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sands-weg 71, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sands-weg 71, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang