Frida's View
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: A47 6-pad, Magoebaskloof, 0731, Limpopo
- Vanaf R3 080 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Frida's View is 'n selfsorgkothuis wat teen 'n bergkant geleë is, omring deur avokadoboorde en woud in Magoebaskloof. Die kothuis is ideaal vir 4 persone wat op soek is na 'n rustige wegbreek van die stadslewe.
Dié knus kothuis beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer is toegerus met 2 driekwartgrootte beddens en het 'n stort en toilet, en suite. Daar is 'n slaapbank in die sitkamer vir 'n ekstra 2 kinders.
Die oopplan-kombuis is goed toegerus en bevat 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n gasstoof, en ingeboude kaste. Die aangrensende leefarea het 'n kaggel om die kothuis in die wintermaande warm te maak. Die leefarea lei na die stoep en tuin met 'n braai-area, 'n plonspoel en 'n buitestort.
Daar is staptogte om die plaas en 'n glaswinkel om glas- en neutprodukte te koop om huis toe te neem.
Frida's View is ideaal geleë naby verskeie trou-venues en is 18 km vanaf die dorpie Haenertsburg geleë. Daar is 'n steil rit tot by die kothuis, maar enige motor wat nie baie lae grondvryhoogte het nie, sal toegang tot Frida's View kan kry.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Elspeth Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 90
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- A47 6-pad, Magoebaskloof, 0731, Limpopo
- Gaste dink Frida's View het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in George's Vallei Tzaneen Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: A47 6-pad, Magoebaskloof, 0731, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang