Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Frimakin

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Fritz Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 1 jaar

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 12 resensies vir Frimakin
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Nicholaas S - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicholaas S

Heerlike verblyf met die beste see-uitsigte op Jongensfontein.

Ons het vanjaar Vadersdag en 'n verjaarsdag in Jongensfontein (Frimakin) gevier. Frimakin is 'n besonderse, ruim en goed toegeruste huis. Dit het werklik alles wat 'n mens mag nodig kry. Ons was geseën met goeie weer. Vervolgens het ons die meeste tyd op die groot dek (voor die huis) spandeer en die onverbeterlike see-uitsigte geniet. Baie dankie aan Fritz, sowel as Debi, vir hulle vriendelike hulp om ons verblyf so aangenaam moontlik te maak.

Desire V - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Desire V

Rus en vrede vir my siel.

Dis ons tweede keer by Frimakin. Ons het definitief ons gunsteling plek ontdek en sal elke jaar terugkeer. Daai uitsig en hout dek maak dit die moeite werd. Dankie Fritz dat jy elke keer so ingestel is om ons gemaklik te laat voel en alles het wat ons nodig het.

Frimakin se terugvoer

Baie dankie Desire. Goed om te weet julle geniet dit elke keer daar!

Frimakin
Vanessa P - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Vanessa P

Was 'n besonderse ervaring.

Baie gerieflike en goed toegeruste huis, met hope spasie.

Frimakin se terugvoer

Hi Vanessa. Baie dankie vir die resensie. Julle moet weer kom kuier. Groete, Fritz.

Frimakin
Neil O - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Neil O

Aangename verblyf, sal weer terug gaan.

Frimakin het gedien as ons Paasnaweek wegbreek, wat twee gesinne met jong kinders akkommodeer het. Die positiewe van ons verblyf het ingesluit die ligging, wat pragtige uitsigte bied, en 'n volledig toegeruste kombuis met al die nodige geriewe. Die onderdak braai-area het 'n gemaklike ruimte verskaf wat teen die wind en ander elemente beskerm is, en die volop kamers het verseker dat almal hul eie ruimte gehad het. Daarbenewens het die voorsiening van bordspelle die kinders ook besig gehou. Iets om wel bewus van te wees is dat daar 'n merkbare muf reuk was, moontlik a.g.v. die feit dat dit meestal toe staan. Dit was nie vir ons 'n probleem nie en het dadelik verbeter na ons die vensters oopgemaak en so ver moontlik oop gelos het, maar kan wel problematies wees vir iemand wat sensitief is vir so iets. Ongelukkig was die WiFi onbeskikbaar gedurende ons verblyf, en a.g.v. die lang naweek kon dit nie reg gemaak word nie. Op 'n meer praktiese noot het ons 'n voorval ondervind waar een van die kinders per ongeluk teen die muur geval het, en aangesien daardie gedeelte nie uit baksteen nie, maar uit "fibre board" gebou is, het hy 'n gat in die muur veroorsaak. Gelukkig was daar 'n nabygeleë bouer wat die probleem kon aanpak nadat ons vertrek het, met die goedkeuring van die eienaar. Alhoewel hierdie klein ongerieflikhede voorgekom het, was ons verblyf by Frimakin aangenaam, en het dit 'n ontspanne wegbreek met 'n paar hanteerbare struikelblokke gebied.

Crystal-anne B - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Crystal-anne B

Ongelooflike uitsig! Het stilte, ruimte en gerief hier gevind.

Heerlik gerus in 'n ruim huis met ongelooflike uitsig. Die huis het alles gebied wat ons nodig gehad het.

Frimakin se terugvoer

Hi Crystal-Anne. Baie dankie vir jou mooi resensie!

Frimakin
Wynand S - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wynand S

Uitstekend.

Alles en nog meer, vanaf aankoms was alles op sy plek, netjies en skoon. Frimakin is 'n plek waar jy net jou kos en klere inpak. Die huis is toegerus met alles wat moontlik nodig kan wees, van 'n skerp mes en 'n groot vrieskas tot braairoosters. Ek kan beslis Frimakin aanbeveel vir 'n kort kuier tot 'n maand en selfs langer verblyf, vir 1 persoon, 2 persone of selfs 8 persone. 10/10. Baie dankie.

Duon B - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Duon B

Heerlik gebly by 'n uitstekende plek.

Die huis bied 'n pragtige uitsig oor die baai en is ten volle toegerus en is baie veilig. Die Huis is in 'n groen gordel geleë en ons het bokkies, skilpaaie, verskeie voëlsoorte en vanaf die dek selfs walvisse gesien. 'n Muskeljaatkat het ons ook besoek.

Frimakin se terugvoer

Baie dankie!!

Frimakin
Lana S - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lana S

Onvergeetlike familiebyeenkoms.

Ons was 'n groot groep van 10 persone en die huis was meer as ruim genoeg om almal te akkommodeer. Daar was altyd warm water en die kombuis is baie goed toegerus. Die pragtige uitsig het dit 'n onvergeetlike kuier gemaak. Baie dankie Fritz vir jou gasvryheid. Baie dankie vir ons lekker familie kuier in jou huis. Almal was 100% tevrede met die blyplek. Dit het die beste toegeruste kombuis vir vakansie. Groete, Lana en die Jonker familie

Olivia G - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Olivia G

Great view. Enough rooms and bathrooms for all to be comfortable.

Was truly a lovely place to stay with my family. Would love to have had Wi-Fi as the signal can sometimes be a little spotty, but it is a beautiful, peaceful location to be away from everything. The view from the balcony is breathtaking and the kitchen is well-equipped.

Frimakin se terugvoer

Thank you very much Olivia.

Frimakin
Danie T - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Danie T

Onsaglike mooi uitsig.

Bitter mooi uitsig - warm water met drukking en genoeg kamers en badkamers vir 'n groot groep mense - ons was 6 volwassenes. Bitter vinnige hulp en baie mooi en netjies.

Frimakin se terugvoer

Baie dankie Danie.

Frimakin
Margaretha R - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Margaretha R

Mooiste view oor Jongensfontein.

Baie dankie aan Fritz en die LekkeSlaap familie. Ons het ons kuiertjie vreeslik baie geniet. Ruim huis met die mooiste view oor Jongensfontein. Julle gaan ons beslis weer sien.

Frimakin se terugvoer

Hi Margaretha, Baie dankie vir nice resensie. Groete, Fritz.

Frimakin
Desire V - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Desire V

Asemrowende uitsig.

Hier wil mens net jou skoene uitskop en agteroor sit en ontspan. Die hoogtepunt van die huis is die lieflike groot houtdek wat die mooiste uitsig oor die see en Jongensfontein het. Die huis het alles wat jy nodig het om 'n gemaklike, rustige wegbreek te geniet. Daar is oorgenoeg slaapplek vir groot gesinne. Ons gasheer, Fritz, was ook baie vriendelik en behulpsaam. Ons sal Frimakin definitief weer besoek en ek beveel dit aan vir enige persoon.

Frimakin se terugvoer

Hi Desire, dankie vir n baie oulike resensie.

Frimakin
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R1 400
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noorkapperstraat 25, Jongensfontein, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAee5f41187f28ffa346f3c341bf4d4023521d040007ae859d1f0469c3a05cdc35af68e43b8841c7827ab1b69355b218a20705?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 8) 12 5 1 5 25 Noorkapper Street Jongensfontein 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.429870375327 21.332956717197

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang