Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Genot Grot

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
    5 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Felicia-singel 81, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Genot Grot is 'n lieflike selfsorg-vakansiehuis in die hartjie van Myburg Park, Langebaan. Dit is ideaal vir 'n groep vriende of 'n gesin wat die Weskus wil verken. Die huis het 'n plonspoel op die perseel wat ideaal is vir warm somerdae.

Die huis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 2 slaapkamers in die hoofhuis en 'n aparte woonstelletjie. Elke slaapkamer in die huis het 'n koningingrootte-bed, maar net een van hierdie slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n toilet. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n enkelslaapbank in die sitarea. Die woonstelletjie het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en 'n buitestort.

Die ruim oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoeltjies toegerus is. Daar is ook 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en Showmax. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea het ook 'n binnebraai en 'n etenstafel met genoeg sitplek sodat gaste maaltye saam kan nuttig. Buite is daar 'n toegeboude houtdek met gemaklike sitplek, 'n veerpyltjiebord en gasbraaigeriewe. Die tuin het 'n opelug-boma met 'n vuurput en plonspoel. Die huis het 'n omsetter en battery vir gebruik tydens beurtkrag.

Kamer-opset

Slaapplek vir 7 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • Felicia-singel 81, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
    5 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Felicia-singel 81, Myburg Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA11d38c3666246a4b00780eb5a7648ac8668d47bfde5850a62cbd475e31f20fd9035c64cfc0f7d9c6dc85cbe90abe4bec07ae?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 7) 81 Felicia Crescent Myburg Park 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.094753893764 18.048181988361

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang