Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gleniqua Vakansiehuis

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 36, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Gleniqua Vakansiehuis bied gerieflike selfsorgverblyf in op die grondverdieping van 'n vakansiehuis in Glentana, Groot-Brakrivier.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Die hoofbadkamer het 'n bad en 'n stort, en die tweede badkamer het net 'n stort. Daar is aparte toilet. Bring asb eie handdoeke saam.

Die kombuis is met 'n vierplaat-gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, lugbraaier, asook 'n skottelgoedwasser toegerus. Die kombuis het ‘n toonbank met 3 stoele. Daar is ook eetkamertafel met 8 stoele. Die sitkamer het ‘n TV.

Die huis het 'n ingeboude binnebraai, asook 1 motorafdak en daar is ekstra buiteparkeerplek vir voertuie. Al die kamers het plafonwaaiers vir die warm somersdae.

Die huis is net 100 m van die see af en is stapafstand vanaf die hoofstrand.

Dit is tussen Mosselbaai en George en baie naby aan die George Lughawe geleë.

Daar is nie skoonmaakdienste nie, maar dit kan gereel word indien aangevra word. Daar is linne en beddegoed, maar gaste moet eie handdoeke bring. Daar is kerse en 2 herlaaibare ligte, maar gaste moet asb. hul eie herlaaibare ligte saambring.

Daar is ook heerlike grasperk vir kinders om op te speel. Hierdie eiendom se erf is toe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Talana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Gleniqua-rylaan 36, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gleniqua Vakansiehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 36, Glentana, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c08534a889f60a2b51e97a311bfab43f3c97e7d0001d36892c948e22eca64bf4035eb502481c9564b7b2d0dde918a104fe9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8) 7 5 1 5 36 Gleniqua Drive Glentana 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-16:00 11:00 -34.04939691549 22.304939908598

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang