Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Gouritz SeeHuisie

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Jan 2025 tot 28 Mrt 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rivierstraat 6, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Vanaf R798 R719 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Gouritz SeeHuisie is 'n lieflike huisie in Gouritsmond, 'n bekoorlike toeristedorpie. Die dorp is 'n gewilde vakansiebestemming en 'n rustige hawe om by te ontspan.

Hierdie knus selfsorghuisie het 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed.

Die kombuisie is met 'n tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n aparte opwasarea met 'n wasmasjien en 'n wasbak asook ekstra vrieskas vir die manne se aas. Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike slaapbank, 2 stoele, 'n TV en 'n etenstafel.
Daar is ook 'n braai-area en 'n piekniektafel waar gaste lekker kan ontspan asook 'n heerlike groot grasperk vir kinders om te speel.

Die huis maak van sonkrag gebruik. Gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel agter 'n elektriese hek is beskikbaar. Gaste het privaatheid weg van die hoofhuis af.

Die huis is 2 minute se stap vanaf die hoofstrand en 15 minute vanaf die strandmeer.

Gouritsmond is ideaal vir besoekers wat op soek is na 'n wegbreek weg van die stad se gedruis. Besoekers kan die verkeidenheid voëllewe en wild sien, die strand verken en in seisoen gaan walviskyk. Konyne, hase, bokke, fisante en uile besoek gereeld die eiendom. Die dorp het 'n paar winkels en restaurante wat heerlike kos bedien.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Tanya D
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklike verblyf vir 'n jong gesin. Die verblyf was heerlik, gerieflik en skoon. Dit was 'n ware lekker wegbreek vir 'n jong gesin! Die gasheer was b...
Sien meer
Nov 2024
Megan M
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. Wonderful stay with very pleasant hosts in a lovely little seaside town.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Johan A
Saam met lewensmaat
5.0
Great plek om vakansie te hou. Baie lekker gebly. Great gasheer en gasvrou.
Nov 2024
Wilna P
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende verblyf! Uit die boonste rakke! Ons wildste verwagtinge is oortref tydens ons verblyf! Alles en nog meer wat ons benodig het, is voorsien,...
Sien meer
Okt 2024
Irida S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende huisie by die see. Elna is super gasvry en Seehuisie is die mees toegeruste verblyf ooit! Smaakvol en stylvol! Kort entjie se stap see toe...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Rivierstraat 6, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Gouritz SeeHuisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Toeganklikheid

Ingang en paadjie sonder trappe
Vanaf R798
R 798 R 719
per nag (plek vir 4)
Vanaf R798
R 798 R 719
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rivierstraat 6, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb2437c5fda7fbba82e98402fcb10b670b59b64c0dc27987cff5116e08e592ffa19240d9812246a32c07d5712d18efef0ea84?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R798 nouVanaf R718 per nag (plek vir 4) 30 5 1 5 6 River Street Gouritsmond 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.351124305638 21.88101323684

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang