Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Grace Country Retreat

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Groenstraat 5, Memel, 2970, Vrystaat
  • Vanaf R720 R612 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Grace Country Retreat is in Memel geleë, 'n klein dorpie in die noordoostelike deel van die Vrystaat tussen KwaZulu-Natal en Mpumalanga.

Akkommodasie word gebied in 8 selfsorg-eenhede met 'n oopplan-sitkamer, slaapkamer en kombuis in elkeen. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op vooraf versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. 'n Driedubbele-eenheid met 3 enkelbeddens en 'n gesinseenheid met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed is ook beskikbaar. Die en suite-badkamers het elkeen 'n bad en stort.

Die sitarea het 2 gemakstoele en die kombuis het 'n toonbank met 2 stoeltjies, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster en gasstoof met 4 plate. Daar is breekware, eetgerei en kookgerei in die kaste.

Die koffiewinkel op die perseel bied ligte etes, aandete en ontbyt (moet vooraf bespreek word) en daar is geskenke, skryfbehoeftes, DVD's en boeke te huur of koop. Braaigeriewe en piekniekmandjies is ook beskikbaar.

Let asb. op dat daar nie 'n TV of radio in die eenhede is nie, sodat gaste behoorlik kan rus. Gratis WiFi is teen 'n lae tarief beskikbaar en daar is kaartgeriewe op die perseel.

Grace Country Retreat is aan die buitewyke van dié klein dorpie in die Noordoostelike Vrystaat en bied doendinge soos voetslaanroetes, nuwe bergfietsroetes, perdry op sekere plase en besoeke aan die gewilde Seekoeivlei Natuurreservaat. Dit is ook stapafstand vanaf plaaslike besighede, soos die Memel Hotel, Memel Museum, Daisy's Gift Shop, Hartland Oase Restaurant en die Blaauwhuis-museum en -koffiewinkel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Herman L
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike kuierplek in die Oos Vrystaat. Lekker stil omgewing met goedversorgde perseel en gerieflike verblyf met onderdak parkering.
Okt 2024
Birgit B
5.0
Peaceful. Comfortable and peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Ethan J
Saam met vriende
5.0
Baie rustige omgewing. Uitstekende diens en die lamkerrie was uit die boonste rakke.
Jun 2023
Yonette F
5.0
Veilig, netjies en gerieflik. Ek was baie vriendelik verwelkom en ek het baie lekker daar gebly.
Jan 2023
Eric S
Saam met lewensmaat
4.8
Clean and friendly. Clean and efficient with very helpful staff. The solar geysers did not work in the snow, so we had a piggy bed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Estelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Groenstraat 5, Memel, 2970, Vrystaat
  • Gaste dink Grace Country Retreat het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Memel Vrystaat
Vanaf R720
R 720 R 612
per nag, vir 2 mense
Vanaf R720
R 720 R 612
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Groenstraat 5, Memel, 2970, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQzMjllNDcxLTdiOTQtNGUyMi05NjU5LWY3YTY3OTYyZDdmZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R720 nouVanaf R612 per nag, vir 2 mense 59 5 1 5 5 Green Street Memel 2970 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.68406249553 29.567215740681

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang