Imbabali Retreat & Venue Grapevine House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R560 Hekpoort-weg, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
- Vanaf R8 450 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Imbabali Retreat & Venue Grapevine House is ’n versteekte juweel in Hekpoort in Magaliesburg, net ’n uur vanaf Johannesburg en Pretoria. Die kothuis skuil tussen die voorheuwels van die majestueuse Magaliesberge waar daar ’n ryk geskiedenis en ’n rits buitemuurse aktiwiteite is.
Die kothuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is ook 2 enkelslaapbanke in die leefarea.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. Buite het gaste hul eie privaat stoep met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis op die perseel beskikbaar.
Imbabali Retreat and Venue bied ’n rustige en ontspannende omgewing met ’n klimraam vir die kinders en ’n restaurant wat ontbyt, middagete, aandete en peuselgoed bedien. Ontbyt kan teen ’n ekstra koste by die kothuis bedien word. ’n TV en gratis WiFi is by die restaurant beskikbaar of gaste kan die geriewe vir konferensies, vergaderings, funksies, troues en spanbou-sessies bespreek. Houtskool, hout en ys is teen ’n ekstra koste beskikbaar.
Imbabali Retreat & Venue is ’n toevlugsoord vir natuurentoesiaste en spog met ’n diverse oorvloed fauna, flora en voëllewe. Die Magaliesberge is die tuiste van 450 voëlsspesies, insluitend die kransaasvoël, grootswartooievaar en witrugnagreier. ’n Gedetailleerde voëllys vir die area is vir kranige voëlkykers beskikbaar.
Daar is ’n verskeidenheid aktiwiteite vir elke lid van die gesin op die perseel. Vir hengelaars is daar baars, karp, kurper en geelvis om op ’n vang-en-vrylaatbasis te vang. Gaste kan die perseel verken, voëlkyk of ’n spa-behandeling bespreek. Die verblyf beskik oor ’n swembad, veerpyltjiebord, tafeltennis en ’n biblioteek wat gaste kan gebruik.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
2 x Enkelslaapbank
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Catherine Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 23
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- R560 Hekpoort-weg, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R560 Hekpoort-weg, Erfdeel RH27, Magaliesburg, 1790, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang