Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Groenhuisie

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 26

Op LekkeSlaap 9 jaar

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 13 resensies vir Groenhuisie
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5
Joanne S - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joanne S

A really great location close to a magnificent beach, lovely sea view. Cosy and comfortable stay.

Was a great stay for a quiet weekend away.

Tonette V - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tonette V

Onoortreflik. Fantasties. Wenkeuse, absolute genot.

Huis was puik uitgerus. Huis is selfs béter as die foto's op die webruimte. Tot 'n vrieskas. Geluid van see was sussend - wou nooit 'n radio of TV aansit nie. See-uitsig en koffie op die stoep was perfek vir die siel. En só naby aan die see. Vertrekke is ruim en groot leer sofa was super-gemaklik vir droom-middagslapies. Beddens slaap heerlik en kussings goeie gehalte. Kan op een bed lê en kyk na see, Genoeg komberse, kragproppe/tweepunt-proppe. Selfs water uit krane was heerlik, beter as Coke. Ons is terug met al ons Cokes. Die kort ou stukkie grondpad was beslis moeite werd om by die juweel van huis uit te kom. Sal defnitief weer Groenhuisie toe kom - uitstekend. Elmarie het beslis gesorg, ons het alles wat ons benodig. Absoluut puik. Ons is dankbaar, dit was onvergeetlik en ons het heerlik ontspan.

Gerda L - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerda L

Amper op die strand!

Wow! Ons het ons tydjie in Oesterbaai baie geniet. Die ligging van die Groenhuisie is tops. Op daai stoep kan jy sit en vergeet van alles en net fokus op die mooie see. Dis so stil en rustig daar en die verblyf is pragtig.

Lizelle R - Feb 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Lizelle R

Skoon en netjiese verblyf, baie rustig met 'n wonderlike see-uitsig.

Ons het 'n heerlike 2 dae in Oesterbaai spandeer. Die weer wou nie heeltemal saamspeel nie, maar ons het darem 'n wonderlike uitsig oor die see gehad as ons dan nou nie kon gaan swem of stap nie. Oesterbaai is 'n baie rustige dorpie en daarom het ons kans gekry om baie verlore slaap in te haal, net wat ons nodig gehad het vir die res van ons vakansie elders.

Groenhuisie se terugvoer

Dankbaar jul het jul tydjie geniet in Die Groenhuisie, Oesterbaai is verseker die plek om te rus en van alles te vergeet.
Baie dankie.

Groenhuisie
Ruco G - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Ruco G

Rustigheid van self.

Was lekker rustig met 'n redelike see-uitsig. Het die houtdek geniet, asook om die omgewing te ontdek. Plekkie is goed toegerus alhoewel nie baie modern nie. Baie vriendelike ontvangs.

Groenhuisie se terugvoer

Baie bly julle het Oesterbaai en Die Groenhuisie geniet.

Groenhuisie
Emil H - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Emil H

Ons het lekker gebly in Groenhuisie en vriendelike diens gekry ook.

Groenhuisie is 'n eenvoudige maar lekker plek om te bly en net rustig te wees. Dit het als wat mens benodig insluitend 'n uitsig van die stoep af.

Aldi V - Mrt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Aldi V

Pragtige uitsig.

Groenhuisie is funkionele verblyf en het gemaklike stap strand toe. Huis is goed toegerus maar 'n paar goed lyk soos ouma s'n.

Bennie C - Okt 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bennie C

Het die verblyf op Oesterbaai baie geniet.

Sal die Groenhuisie aanbeveel vir lekker gesinsvakansie.

Jeanette H - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jeanette H

Gevoel soos ons huisie by die see.

Dit was 'n wonderlike vakansie in so oulike huisie, loopafstand van die strand! Lieflike weer gehad en die hele strand vir onsself! Almal is so hartlik en behulpsaam soos familie! Alles wat ons harte begeer! Baie dankie vir alles!

Groenhuisie se terugvoer

Baie dankie, dankbaar jul het die tydjie geniet, hoop om jul gou weer tesien.
Groete

Groenhuisie
Arline D - Mei 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Arline D

Ons tydjie by die Groenhuisie was ontsettend lekker en al was dit koud in die aand was dit lekker snoesig binne.

Ons het dit ontsettend baie geniet in Oesterbaai. Ons gaan elke jaar en ontspan en geniet die stilte en die pragtige uitkyk oor die see. Groenhuisie is ampertjies op die strand en dit was vir ons 'n groot plus. Ons sal definitief weer vinnig gaan.

Lana W - Mrt 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lana W

Hemelse plekkie met pragtige uitsig.

Oesterbaai is 'n pragtige plekkie, skoon, oop strand, vriendelikste mense almal groet en gesels. Rustig en vreedsaam, baie baie veilig. Ideale plek om af te skakel veral as jy van Gauteng af kom kan jy omtrent nie glo daar is sulke pragtige rustige, veilige plekke nie. Die Groenhuisie is pragtig skoon en het 'n wonderlike uitsig op die strand, duine en see. Dankie Elmarie dit was regtig heerlik, tyd net te vinnig omgegaan.

Groenhuisie se terugvoer

Ek is so bly jul het die tydjie geniet het. Dit was lekker om jul te ontmoet. Ons is regtig bevoorreg om op Oesterbaai te bly. Ons hoop om jul gou weer te sien.

Groenhuisie
Marise B - Apr 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Marise B

Rus vir die siel reg langs die see.

Ons het heerlik in die Groenhuisie gebly met sy pragtige see-uitsig vanuit die huisie en stoep! Die strande is so mooi en skoon en slaan mens se asem weg. Sal dit definitief aanbeveel vir enige iemand wat graag wil afskakel en die natuur geniet. Baie dankie aan Elmarie wat meer as uit gaar pad gegaan het om ons te help met ons bespreking. Ons sal vir seker weer hierheen kom!

Groenhuisie se terugvoer

Ek is so bly jul het die tydjie op Oesterbaai en by die Groenhuisie geniet. Oesterbaai is verseker die regte plek as jy 'n bietjie wil afskakel en van die stads-lewe wil vlug. Ons hoop om jul gou weer te sien.
Groete
Elmarie Meyer
Oyster Bay Estate Agency CC

Groenhuisie
Hannes R - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hannes R

Die verblyf was aangenaam en het aan ons verwagtinge voldoen.

Die Groenhuisie bied bekostigbare verblyf en is sentraal geleë met maklike toegang tot beide die winkel en strand in Oesterbaai. Alles wat benodig word (beddegoed, handdoeke, eetware, wasmasjien ens.) is beskikbaar wat beteken dat mens net die nodige kan saamneem. 'n Paar ekstra komberse vir die koue aande asook 'n verwarmer kan saamgegee word. Let egter daarop dat mens elektrisiteit vir die meter self moet aankoop (nie ingesluit in die dagtarief nie). Daar moet ook ag geslaan word op waterbeperkings wat geld, veral as in ag geneem word dat die enigste water wat beskikbaar is vir die Groenhuisie reënwater is wat versamel word in 'n 5000 liter tenk - gebruik dus water spaarsaam. Indien daar op laasgenoemde ag geslaan word, is die verblyf baie aangenaam.

Groenhuisie se terugvoer

Beste Hannes,

Baie dankie vir die terugvoer. Dit is hoekom ek telefonies gevra het julle moet elkeen 'n ekstra kombers saambring, dit was baie koud. Ek sal wel vir elke bed 'n lekker kombers kry asook 'n verwarmer.

Die Groenhuisie het meer as genoeg water. Die watertenk was nog vol toe julle daar was. Die oomblik toe daar nie drukking was nie, het ek net die drukpompie buite teruggestel, wat die eerste keer is dat ek dit moes doen! Ek persoonlik hou net daarvan om die reënwater te gebruik omdat dit lekker sag is. Ons dorp se water het baie kalk in, wat oor tyd aanpak asook in die geiser. Sou daar 'n huurder wees wat dit nie so verkies nie, draai ek net krane oop en toe, en hul kan die dorp se water gebruik.

Sien julle gou weer!

Groete,
Elmarie

Groenhuisie
Vanaf
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R3 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Seekat- en Geelbekstraat, Oesterbaai, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca472136456bb2e5387540ba70f4e837d32fc6fd2f678a4f8fc2b7e7158cc7b1c375dec5ed3c961e66c221ad54199fc8c12a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 800 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 Corner of Seekat and Geelbek Street Oyster Bay 6300 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.171014883531 24.65257331729

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang