Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Groenhuisie

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Joanne S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

A really great location close to a magnificent beach, lovely sea view. Cosy and comfortable stay. Was a great stay for a quiet weekend away.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tonette V
Kort verblyf
5.0
Aug 2021

Onoortreflik. Fantasties. Wenkeuse, absolute genot. Huis was puik uitgerus. Huis is selfs béter as die foto's op die webruimte. Tot 'n vrieskas. Geluid van see was sussend - wou nooit 'n radio of TV aansit nie. See-uitsig en koffie op die stoep was perfek vir die siel. En só naby aan die see. Vertrekke is ruim en groot leer sofa was super-gemaklik vir droom-middagslapies. Beddens slaap heerlik en kussings goeie gehalte. Kan op een bed lê en kyk na see, Genoeg komberse, kragproppe/tweepunt-proppe. Selfs water uit krane was heerlik, beter as Coke. Ons is terug met al ons Cokes. Die kort ou stukkie grondpad was beslis moeite werd om by die juweel van huis uit te kom. Sal defnitief weer Groenhuisie toe kom - uitstekend. Elmarie het beslis gesorg, ons het alles wat ons benodig. Absoluut puik. Ons is dankbaar, dit was onvergeetlik en ons het heerlik ontspan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerda L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2021

Amper op die strand! Wow! Ons het ons tydjie in Oesterbaai baie geniet. Die ligging van die Groenhuisie is tops. Op daai stoep kan jy sit en vergeet van alles en net fokus op die mooie see. Dis so stil en rustig daar en die verblyf is pragtig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lizelle R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Feb 2020

Skoon en netjiese verblyf, baie rustig met 'n wonderlike see-uitsig. Ons het 'n heerlike 2 dae in Oesterbaai spandeer. Die weer wou nie heeltemal saamspeel nie, maar ons het darem 'n wonderlike uitsig oor die see gehad as ons dan nou nie kon gaan swem of stap nie. Oesterbaai is 'n baie rustige dorpie en daarom het ons kans gekry om baie verlore slaap in te haal, net wat ons nodig gehad het vir die res van ons vakansie elders.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Elmarie
Groenhuisie
Dankbaar jul het jul tydjie geniet in Die Groenhuisie, Oesterbaai is verseker die plek om te rus en van alles te vergeet. Baie dankie.

Ruco G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Aug 2020

Rustigheid van self. Was lekker rustig met 'n redelike see-uitsig. Het die houtdek geniet, asook om die omgewing te ontdek. Plekkie is goed toegerus alhoewel nie baie modern nie. Baie vriendelike ontvangs.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Elmarie
Groenhuisie
Baie bly julle het Oesterbaai en Die Groenhuisie geniet.

Emil H
Kort verblyf Gesin met tieners
4.4
Apr 2019

Ons het lekker gebly in Groenhuisie en vriendelike diens gekry ook. Groenhuisie is 'n eenvoudige maar lekker plek om te bly en net rustig te wees. Dit het als wat mens benodig insluitend 'n uitsig van die stoep af.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Aldi V
1 nag Gesin met klein kinders
4.4
Mrt 2018

Pragtige uitsig. Groenhuisie is funkionele verblyf en het gemaklike stap strand toe. Huis is goed toegerus maar 'n paar goed lyk soos ouma s'n.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Bennie C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2017

Het die verblyf op Oesterbaai baie geniet. Sal die Groenhuisie aanbeveel vir lekker gesinsvakansie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jeanette H
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2017

Gevoel soos ons huisie by die see. Dit was 'n wonderlike vakansie in so oulike huisie, loopafstand van die strand! Lieflike weer gehad en die hele strand vir onsself! Almal is so hartlik en behulpsaam soos familie! Alles wat ons harte begeer! Baie dankie vir alles!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elmarie
Groenhuisie
Baie dankie, dankbaar jul het die tydjie geniet, hoop om jul gou weer tesien. Groete

Arline D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2017

Ons tydjie by die Groenhuisie was ontsettend lekker en al was dit koud in die aand was dit lekker snoesig binne. Ons het dit ontsettend baie geniet in Oesterbaai. Ons gaan elke jaar en ontspan en geniet die stilte en die pragtige uitkyk oor die see. Groenhuisie is ampertjies op die strand en dit was vir ons 'n groot plus. Ons sal definitief weer vinnig gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 26

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R3 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R3 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Seekat- en Geelbekstraat, Oesterbaai, Humansdorp, 6300, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca472136456bb2e5387540ba70f4e837d32fc6fd2f678a4f8fc2b7e7158cc7b1c375dec5ed3c961e66c221ad54199fc8c12a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 800 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 Corner of Seekat and Geelbek Street Oyster Bay 6300 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.171014883531 24.65257331729

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang